Man met dwelms betrap in Boksburg

boeie 2ʼn 43-jarige man is in Boksburg in hegtenis geneem nadat hy met dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R50 000 betrap is.

“Die misdaadvoorkomingseenheid van die Ekurhuleni-metropolisie het Saterdagaand ʼn wenk ontvang,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, gesê. “Die beamptes het die verdagte se voertuig voorgekeer en deursoek en 500 mg kat onder die bestuurdersitplek opgespoor.”

Kgasago sê nog dwelms is in ʼn kluis in die man se motorhuis opgespoor. “Daar was 26 sakkies kat, 17 bottels met verskillende soorte dagga, mushroom in ʼn 1 liter houer, 100 ecstasy-tablette, en 500 ml ‘e’ en 500 ml ‘acid’,” het hy gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Boksburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Estelle ·

wens hulle will baie baie baie strenger optree teen die tipe gemors!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.