Man met dwelms van R1,8 miljoen by lughawe vasgetrek

Argieffoto

ʼn 37-jarige man van Guatemala is by die Internasionale Lughawe OR Tambo in Johannesburg vasgetrek nadat dwelms ter waarde van nagenoeg R1,8 miljoen in sy besit gevind is.

Lt.kol. Katlego Mogale, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Dinsdag gesê die man is Maandag tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie by die lughawe in hegtenis geneem.

“Die man was op ʼn vlug van São Paulo en het in Johannesburg geland. Sy eindbestemming was Beira in Mosambiek. Hy is deur doeanebeamptes voorgekeer en het nie geweier dat sy bagasie deursoek word nie,” het Mogale gesê.

Die soektog het twee pakke met ʼn poeier, vermoedelik kokaïen, opgelewer. Dit was in foelie toegedraai en in ʼn vals kompartement in sy bagasie versteek.

Die verdagte is in hegtenis geneem en moet binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Die snuffelhonde sal geleer moet word om klere en toiletware uit te ruik met toekennings op podiums vir die eienaars, want dit gaan rare verskynsels word.

AMANDA ·

VERSTAAN NIE HOE HY AL OP N VLUG WAS NIE !!! MAG HY SIT….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.