
Die rotskuns wat gekonfiskeer is nadat die verdagte dit op sosiale media probeer verkwansel het (Foto: Valke)
ʼn Man verskyn Maandag in die landdroshof in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, nadat hy ʼn stuk geskiedkundige San-rotskuns op sosiale media probeer verkwansel het.
Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die Valke het inligting ontvang dat die 48-jarige man die rotskuns op sosiale media te koop aangebied het. Hy het die rotskuns in die Suidkus-omgewing geadverteer.
“Na aanleiding van die advertensie is ʼn lasbrief Donderdag uitgereik om ’n perseel in Montague-weg in Sea Park te ondersoek,” sê Nkwalase.
Die rotskuns is in die man se besit gevind en hy is in hegtenis geneem.
Die man staan tereg op aanklag van die onwettige verkoop van ʼn argeologiese voorwerp ingevolge die Wet op die Erfenishulpbronne.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Wie sè dis nie maar net ‘n nagemaakte prentjie op ‘n stukkie klip nie.
Baie minder werk as om regte ene te probeer uitkap.
Tiepies sal als verkoop en vernietig tot daar …… meer oor is nie
Eg of vervals?
Voor ek ñ aanbod maak sal ek eers met die oorspronklike kunstenaar bevestig of dit eg is.
Julle seker hyt nie vir Ace gewerk nie? Seker die Pictja of va piepol as n geskenk gekry?