Man met halfmiljoen rand se tik betrap

Foto: Verskaf.

ʼn Man (43) in Mitchells Plain in die Wes-Kaap is vandeesweek in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op R500 000 se metamfetamien, algemeen bekend as tik.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het  gesê die polisie het inligting opgevolg oor dwelms wat by ʼn huis in Herculesstraat verkoop word.

“Met hul aankoms by die toneel het die polisie die huis deursoek en twee sakke van 2,1 kg se tik aangetref,” het Rwexana gesê.

Die beraamde straatwaarde van dié sakke is R500 000.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal sodra hy aangekla is in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Karolis

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.