Man met liggaamsdele betrap

tronk 2ʼn 35-jarige man van Mosambiek is Dinsdag in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo met menslike liggaamsdele betrap is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die man is omstreeks 19:00 in Xipurapureni in Malamulele in hegtenis geneem. “Die polisie het inligting ontvang dat die verdagte liggaamsdele in die gebied wil verkoop,” het Mulaudzi gesê. “Die polisie het dadelik reageer en die verdagte op die toneel in sy voertuig aangetref. Hy het ʼn plastieksak by hom gehad met twee hande en geslagsdele daarin.”

ʼn Spesiale taakspan is ná die inhegtenisname saamgestel om die voorval te ondersoek. Die taakspan het Woensdag die liggaam van die oorledene opgespoor. “Die liggaam is vir forensiese toetse gestuur om te bepaal of die liggaamsdele wel aan die oorledene behoort.”

Die verdagte moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cins ·

Sjoe dis scary om te dink hoeveel sulke siek mense tussen ons rond loop….

Canned Phantom ·

Nou wonder ‘n mens; toe hy die liggaamsdele verkry het het die eienaar nog gelewe? Was hy ‘n grafrower of ‘n moordenaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.