Man met mes aangeval; polisie waarsku publiek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn waarskuwing aan die publiek gerig nadat ʼn 62-jarige man Vrydag in die vroeë oggendure in sy huis in Humansdorp aangeval en met ʼn mes gesteek is.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 62-jarige man het omstreeks 01:30 wakker geword van geluide buite sy huis. Hy het die deur oopgemaak om ondersoek in te stel en is deur twee mans met messe oorval.

“Die mans het hom met die messe gesteek en teruggedwing in die huis in. Die rowers het kontant en selfone gesteel voordat hulle te voet gevlug het,” het Nkohli gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Brig. John Lebok, SAPD-bevelvoerder in Humansdorp, het na aanleiding van die voorval die publiek gewaarsku om nie na buite te gaan wanneer hulle verdagte geluide hoor nie. “Inwoners, veral bejaardes, word aangeraai om die polisie te skakel indien hulle vreemde geluide buite hul huise hoor, eerder as om hul deure oop te maak,” het Lebok gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die saak word versoek om dit by Crime Stop by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lientjie ·

Brig julle kan praat julle dood neer val op die grond hulle sal nie luister nie. Maak die deur oop en gaan kyk gou wat buite aangaan. Sal nooit leer nie!

Irene ·

Nog so dom om in SA deure oop te maak as jy iets hoor hier us baie moordenaars

johnny_walker ·

Hehehe hulle moet na my huis toe kom , ek sal hulle leer wat gebeur as jy n mes na n “gunfight” toe bring

Leon van Rensburg ·

Die mosambieker sal nie kan getuig nie, hy het so ‘n fout began en ek sit met polisie ondersoeke, saak is darem teruggetrek

Adri ·

Dit sal nie help om die polisie te bel nie. Hulle kom so 4 of 5 ure later daar aan. Skiet alles wat beweeg en raak ontslae van die oorskot.

LMF ·

Sê net vir die polisie jy dink jy het 3 skelm doodgeskiet dan moet jy sien hoe vinnig is hul daar

Die Kryger ·

Eks self 189 e 112kg. Was ook in die weermag. Het geleer van aanval e ontrek. Fisies is nog goed vir n one to one. Ongelukkig is n man 2 man in die verlede. Nou dra hulle want hulle is 3 of meer en gewapen. Druk d panick button. Bel die polisie. Ek gaan nie gaan kragte meet nie. Want jy sal short kom. Luister asb bly inni huis. Druk die knoppie

anton ·

Daar is nou maar net eenmaal nie pille vir domgeid nie!!!
Ek is maar net 62 jaar oud en sterker as RAMBO!!!

Omgekrap ·

Ons bly in tronke en die skelms loop op straat
Dit is n helsr skande soos wat dit gaan in SA ons in ons 70 jare en mens kan nie waag om eers om in jou tuin te gaan sit nie of jy word gepla ons gaan nie uit nie die buurtwag of sekuriteit moet maar uitkom

Maria ·

Ai ek wens ek kan elke dag van my huis se dak af gil dat die mense paraat moet wees. Voel jammer vir die ou, dis traumaties. Maar asseblief mense mens doen dit eenvoudig nie!!!!?

SARIE VAN HEERDEN ·

As jy snags iets in jou huis hoor moet jy ook nie ligte aanskakel nie want jy weet mos wat is binne in jou woning. Stap in die donker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.