Man met moordklag teen hom voor hof doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man wat van moord aangekla word is Maandagoggend helder oordag voor die Umlazi-landdroshof in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die 43-jarige man wat vroeër op borgtog vrygelaat is nadat ʼn klag van moord teen hom aanhangig gemaak is, moes Maandag weer in die hof verskyn.

“Die man was omstreeks 11:00 voor die hof toe drie verdagtes hom genader het. Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen uitgehaal en op die slagoffer losgebrand. Hy het sewe wonde aan sy liggaam opgedoen en is op die toneel dood,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het ooggetuies wel die voorval sien gebeur, maar die verdagtes het te voet gevlug voor enigiemand hulle kon aankeer. Hy kon nie bevestig of die moord verband hou met die saak waarvoor die man in die hof verskyn het nie en het gesê die motief vir die voorval is steeds onbekend.

ʼn Saak van moord word ondersoek en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting kan die polisie by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eish! ·

Seker maar om sy mond te snoer. Andersins het mense reg in eie hande geneem, aangesien ons regstelsel so vrekken vrot is.

Sollie ·

Nou-ja, seker lelik van my, maar so word die belastingbetaler baie geld gespaar. Moeg vir moordenaars wat ONS geld kos deur lang uitgerekte hofsake, tyd in die tronk en dan vrylating as een of ander kader verjaar. DIT is die waarheid of Maroela of wie ookal daarvan hou of nie…

Knersus D ·

Nogals moet ek met jou saamstem. En dan seker ook maar ‘n mate van mob-justice…

Moeggepraat ·

Hi Sollie, ja jou kommentaar is absoluut op die merk!

Cecilia Behrens ·

Ek stem 100% saam met jou Sollie.n Mens raak eenvoudig siek en sat vir hierdie regstelsel in hierdie eens mooi land van ons.Jy moor,jy kom skotvry of jy ontsnap uit die tronk en gaan pleeg weer n paar moorde. Hierdie ou wat die ou gaan skiet het,het 10 teen 1 iemand in sy familie dood gemaak. Long storie short….haal hom uit…..dit is presies hoe ons almal hier buite voel….want die gereg laat nie sy gang gaan nie….nee jy kom los en stap as n vry man uit,maksimum n jaar of 2. Ons kort n ordentlike staatspresident wat leiding kan neem…..sonder dit is ons gedoem!!

Martyn du Plessis ·

As die land so agteruitgaan dat die mense self die vonnisse begin voltrek, dan is die skrif aan die muur.

ig ·

Martyn hier stem ek saam met Sollie, Dit lyk of dit nie skrif teen die muur is nie maar koeel teen die kop. Die enigste verloorders hier is die regsverteenwoordigers wat n paar rand kon maak om te probeer om n skuldige onskuldig te laat verklaar

Joe64 ·

ig, kry die gevoel die regs mense moet maar alternatiewe vaardighede aanleer, soos loodgieter of verwers, want in die nuwe SA gaan hulle dienste in onbruik raak.

Pieter Brits ·

Nou dis mos nou mooi. Baie meer effektief as ons oneffektiewe regstelsel.

SNEL ·

Ook maar goed so, anders het hy net weer los gekom en weer gemoor.

JoeV ·

Dit is natuurlik as dit hy was, en die ander nie dalk bang was hy hulle uitwys as die moordenaars nie.

Riaan Slabbert ·

Ek stem absoluut saam met die meerderheid kommentare hier, maar wat as dit dalk n boer was, wat n inbreker doodgeskiet het, en die se makkers het die boer kom “uithaal”?

Sollie ·

Riaan, jy kan die twee mos nie vergelyk nie! Die feit dat die ou enigsins betrokke is by misdaad – Daar is genoegsmae rede dat hy van moord verdink word is genoegsame rede vir wat met hom gebeur het. Glo my hy was nie Sneeuwitjie nie. ‘n Boer wat ‘n inberker doodgeskiet het het homself verdedig hy is nie ‘n moordenaar nie.

pop ·

Dis nou mooi. eks verbaas dit gebeur nie meermale nie. Almal is g-tvol vir die onbevoegde regering, polisie en regstelsel. Een vrotter as die ander.

scalla ·

Die koeel is deur die kerk, ag bedoel deur die kop, sommer self die job afgehandel voor hy weer uit is op borg en dieselfde dinge doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.