Man met panga in koffiewinkel aangeval

Die toneel is afgesper. Foto: Via Facebook

ʼn 45-jarige man is Woensdag in ʼn koffiewinkel by ʼn gewilde winkelsentrum aan die Oos-Rand aangeval.

Kapt. André de Jager, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 14:30 by ʼn koffiewinkel in die Bedfordview-winkelsentrum plaasgevind.

“Die slagoffer en ʼn 52-jarige man, die slagoffer se voormalige skoonpa, het by ʼn tafel gesit toe ʼn rusie ontstaan het. Die skoonpa het die slagoffer na bewering tydens die onderonsie met ʼn panga aangeval,” het De Jager gesê.

Die slagoffer het tydens die aanval ʼn kopbesering opgedoen en sy vinger is vermoedelik tydens die aanval afgekap. Die slagoffer is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Die skoonpa is reeds ondervra en in hegtenis geneem. Die skoonseun se verklaring kon nog nie afgeneem word nie aangesien hy operasies moes ondergaan.”

Die skoonpa is in aanhouding en sal na verwagting Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die motief vir die onderonsie is nie bekend nie en word ondersoek. Die moontlikheid dat die aanval dalk verband hou met huishoudelike geweld, kan nie uitgeskakel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Penellope Jones ·

Eintlik ontbreek gedagtes en woorde – daar is net te veel en te bloeddorstige dinge wat gebeur.

Piet Pompies ·

Wie kry dit reg om na ‘n bekende winkelsentrum se koffie winkel toe te gaan met ‘n panga sonder om aandag te trek…
Kom my vrou, ons gaan drink koffie in die dorp, wag, laat ek gou my panga kry net ingeval daar ‘n mensingsverskil is…

jan ·

ek verstaan nie die berig: die slagoffer is 45 jaar
die voormalige skoonseun is 52 jaar ……..reg
paragraaf 3 die skoonpa het die slagoffer met n panga aangeval……..

Tania Heyns ·

Dagsê Mvn

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Inderdaad! Die 45-jarige slagoffer en sy 52-jarige voormalige skoonpa het by ʼn tafel gesit toe ʼn rusie ontstaan het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Helene Heyns ·

Ek weet ook nie wat hier aangaan nie. Driemaal deurgelees maar kon nog nie agterkom wat gaan vir wat nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die 45-jarige slagoffer en sy 52-jarige voormalige skoonpa het by ʼn tafel gesit toe ʼn rusie ontstaan het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Biep ·

Skoon pa kan jonger as skoonseun wees. Glad nie ongewoon nie.

andreVannieKaap ·

Is dit net ek, of raporteer niemand meer name nie? Wat was die slagoffer se naam, en wie was die aanvaller?

Andrea ·

So nou drink ons koffie met ons pangas byderhand. En ek dog eks gewaagd met my knipmessie in my handsak…

Ouderdomme?? ·

Of die slagoffer trou met n bloedjong meisie. Of die voormalige skoonpa het al VROEG met kinders begin, want skoonseun en skoonpa is amper ewe oud….
Miskien het skoonpa geweet hy gaan die pangs gebruik…..

PS – hoe de joos loop jy met n panga in n mall rond?

Neels ·

So KFC parkeerarea, doodskis is poging tot moord….maar n aanval met n wapen, n panga, is aanranding..maak nie vir my sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.