Man met petrol gegooi, aan brand gesteek

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het erge brandwonde opgedoen toe hy met petrol gegooi en daarna aan die brand gesteek is.

Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, sê nooddienste het gereageer op ʼn oproep dat ʼn man besig is om te brand in Temple-straat in die middestad van Pietermaritzburg.

“Toe die nooddienste by die toneel aankom, het lede van die publiek reeds die vlamme geblus gehad en ook die met petrol deurdrenkte klere van die slagoffer uitgetrek. Hulle het hom toe na veiligheid in ʼn woonstel gelei,” sê Botha.

Die slagoffer het brandwonde oor sowat 35% van sy liggaam opgedoen. Hy is onmiddellik na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Botha is dit in dié stadium onseker wie die man aan die brand gesteek het en wat die motief daarvoor was.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jan van riebeeck ·

ek wonder of dit blankes was wat dit gedoen het ? (sarkasme)

JA ·

Wonder watse kleer was die kleure, rooi of blou?
Hierdie mense wat Afrikaanse berigte wil skryf moet bietjie gaan Afrikaans leer!!!!

Cyril Blackburn ·

Dagsê JA

Baie dankie vir jou kommentaar. Jy is inderdaad reg – dankie vir jou blitsige terugvoer. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Cyril Blackburn ·

Dagsê Liani

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

henk ·

Was die man van ligte/ medium of donker gelaat Maroela?
Laat weet ons asb? Ook die mense wat hom gehelp het. Wat se gelaat het hulle gehad?

Anne -Marie van wyk ·

Regtig Henk wat maak dit saak watse gelaats kleur hulle het. Die feit is dat die man gehelp is.

Wiehann ·

My werks winkel is gelee in Temple straat, ek probeer nou uitvind wat gebeur het want dit is die eerste nou wat ek daarvan hoor

Liezel ·

Rerig mense???? Lees die berig, moet nie altyd prober fout vind nie. Wie gee om of daar ‘n spelfout hier en daar is. Niemand is perfek – get over it

LB ·

Nee Liezel, mense moet wel omgee hoe hulle spel en wat hulle sê, dit is omdat niemand meer werklik opgestaan het vir iets nie dat alles om ons begin verval het, dat selfrespek kwyn en nasies ten gronde gaan. Vooruitgang en orde kom van hierdie klein dingetjies wat saam ‘n goeie geheel vorm teen wanorde en verval. Ek is bly om te sien dat mense weer begin omgee, dat mense opstaan en dat ons ‘n “stem” het om iewers ons gevoelens van frustrasie te kan lig. Al die gepraat en geroer aan probleme gaan rimpels maak en veranderinge bring, en ek praat nie nou net van die spelling nie. Dankie aan Maroela Media wat ons almal ‘n spreekbeurt gee en mense weer laat dink.

Baywatch ·

Vir wie moet ons soek, Caucasian, Asian, Indian or AFrican? Wie was die aanvallers?

Nettie ·

Ai jinne, Baywatch, watse dom vraag is daai dan nou (nie-sarkasties bedoel) – ons weet mos wie wat in die land doen. Misdade soos hierdie word nie deur die bleekvelle gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.