Man met polisie-uniform, onwettige vuurwapen betrap

Die toerusting en vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn 24-jarige man verskyn na verwagting Maandag in die hof nadat hy in Kaapstad in hegtenis geneem is weens die besit van ʼn polisie-uniform en -toerusting asook ʼn onwettige vuurwapen.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Sondag gesê die man se inhegtenisneming volg ná ʼn intelligensiegedrewe-operasie om ernstige misdaad te voorkom.

“Beamptes het inligting van die publiek ontvang dat ʼn ongelisensieerde vuurwapen by ʼn huis in Hanekomlaan in Uitsig, Ravensmead, gehou word. ʼn Soektog is by die perseel uitgevoer waartydens die beamptes op die vuurwapen en verskeie polisietoerusting in ʼn Wendy-huis in die agterplaas afgekom het.”

Die polisie het tydens die man se inhegtenisneming beslag gelê op ʼn “ouerige” vuurwapen, ʼn polisiepet, ʼn polisiebroek, ʼn blou polisiehemp en ʼn naamplaat. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn winterpolisiebaadjie, pepersproei en boeie.

Die verdagte moet in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn verbode vuurwapen en ʼn polisie-uniform en -toerusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Phillip ·

Naam plaat !! wonder of dit nie n vermoode poliesieman sen is nie sal graag meer wou hoor oor die saak . MM

christa ·

kan hierdie manne wat so onwettige uniforms bekom nie verklaar by wie hulle dit gekry het nie? dalk het daardie ander man ook ‘n finger in die besigheid

sandra ·

Nee man, hierdie ou is op verlengde verlof en het hulle net nog nie sy uniform en vuurwapen teruggeneem nie. Hy partroleer nog in sy vrye tyd vir die polisie…

Daan ·

Kan dit wees dat van die plaasmoorde op die manier plaasvind, die mense dink dit is polisie beamtes wat by hulle huise aankom dan is dit intussen moordenaars wat polisie uniforms aan het.

Pierre ·

Ja Sandra ek stem saam?, hy sit n paar ure in elke aand met patrollies. Of dit is n vriend sin wat hy droogskoonmakers toe vat. Kan nie ernstig wees nie. Die boeie is sy vroutjie sin. En die wapen??? Nee nou weet ek nie meer nie!!!?

Oom Kalahari ·

Baie ongemaklike situasies en rooftogte (swaar voeruie-voorrade/Brandstof Tenkers/Kapings ens) in samewerkinge onder mekaar gebeur deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.