Man met R700 000 se dwelms betrap

Die dwelms ter waarde van R700 000 waarop daar beslag gelê is. Foto: EMPD

ʼn Man is Saterdag in die sakesentrum van Benoni aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) ʼn wenk ontvang het oor ʼn man wat in dié omgewing dwelms verkoop.

Hoofsupt. Wilfred M Kgasago, EMPD-woordvoerder, sê beamptes het vinnig gereageer nadat hulle die wenk ontvang het. Die man is op die hoek van Rothsaystraat en Bedfordlaan vasgetrek. “Verskillende soorte dwelmmiddels met ʼn gesamentlike waarde van R700 000 is in sy besit gevind,” sê Kgasago.

Hy sê die dwelms het ingesluit 53 Mandrax-tablette, 1,07 kg kristalmetamfetamien, 0,2 g khat en Ecstacy. Daar is ook beslag gelê op R4 300 kontant wat die man by hom gehad het, vermoedelik winste van dwelmhandel.

Die egpaar van Actonville wat in hegtenis geneem is. Foto: EMPD

“Die 33-jarige man word tans by die Benoni-polisiestasie aangehou op aanklagte van besit en handel van dwelms. Hy sal Dinsdag in die Benoni-landdroshof verskyn.”

In ʼn onverwante voorval is ʼn egpaar Saterdag omstreeks 14:20 by ʼn huis in Actonville in Benoni in hegtenis geneem nadat 41 sakkies kristalmetamfetamien en 26 sakkies khat in hul besit gevind is. Die dwelms het ʼn geraamde waarde van R17 500.

Kgasago sê die egpaar, ʼn buitelandse man en ʼn Suid-Afrikaanse vrou, sal ook Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van besit en handel in dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veritas ·

Die uiteinde van dwelmgebruik is ‘n voortydige dood. Waarom word dwelmsmouse nie aangekla van poging tot moord nie?

Karolis ·

Waarlik goeie nuus op hierdie Geloftedag.
Puik opvolgwerk EMPD.

leser ·

buitelander, gaan hof toe, kry borgtog en verdwyn, sien hom vir lank nie weer nie
waarom kan sa nie ook die doodstraf vir dwelm handel gebruik nie
boetes is te min, hy betaal dit nie, sit in die tronk, nou moet ek vir sy verblyf betaal, wat ‘n grap

Anoniem ·

Net sodat dit kan verdwyn en deur ander elemente verkoop kan word. Brand die dwelms daar en dan uit dan sal dit veel meer van ‘n impak hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.