Man met renosterhorings betrap

Argieffoto slegs ter illustrasie (Foto: SAPD)

Armand Amosse Chingo (33) is vyf jaar tronkstraf opgelê toe hy gevang is terwyl hy renosterhorings in Junie 2022 na Johannesburg vervoer het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê inligting is ontvang oor ʼn wit Toyota-bakkie wat van KwaZulu-Natal na Gauteng op pad is met versteekte renosterhorings.

“Die voertuig is opgemerk en in Primrose naby Germiston voorgekeer. Terwyl die voertuig deursoek is, het beamptes op renosterhorings onder die sitplek afgekom.”

Twee insittendes is in hegtenis geneem en hulle het ʼn paar keer in die hof verskyn, maar uiteindelik is slegs Chingo gevonnis.

Hy is op 1 Februarie in die Germiston-streekhof sewe jaar tronkstraf opgelê waarvan twee jaar opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.