Man met springstof in voertuig betrap

Argieffoto

ʼn Man is vandeesweek in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy met springstof in sy voertuig betrap is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het Vrydag gesê die man het in ʼn Toyota Avanza gery toe hy in MC Bothalaan in Vosloorus aangekeer is.

“Die metropolisie, die Valke en beamptes van die openbare orde-polisie het op ʼn wenk gereageer en op die verdagte toegeslaan toe hy by ʼn vulstasie in die omgewing uitgery het,” het Kgasago gesê.

Die Valke het beslag gelê op die springstof wat onder die agtersitplek van die voertuig versteek was.

Die man is hegtenis geneem. “Die Valke het ʼn ondersoek van stapel gestuur om te bepaal waar die springstof vandaan kom en waarvoor dit beplan was om gebruik te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chrisjan ·

Ek hoop van harte die Avanza is ook verbeurt verklaar.Enige voertuig wat gebruik word vir die onwettige vervoer van plofstof en dwelms hoord gekonfiskeer te word.

Jacques venter ·

Mooi Valke

Maar. Ek weet van iemand wat die hele land wil opblaas.

Stel asb ondersoek in

Leahim ·

Mooi die beskrywing van die kar is tien uit tien n beter beskrywing van die verdagte sal net so goed gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.