Man met spykergeweer in bors geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritiekte toestand nadat hy Donderdag op ʼn kleinhoewe in Benoni, Gauteng, met ʼn spykergeweer in die bors geskiet is.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man, in sy 30’s, op die vloer aangetref met ʼn groot spyker wat by sy bors uitgesteek het.

“Hy is op die toneel behandel en is met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir gevorderde behandeling,” het Meiring gesê.

Die man is na bewering per ongeluk deur ʼn kollega geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.