Man met strykyster, tang op kleinhoewe gemartel

Argieffoto: SAPD, Facebook

ʼn Man is Dinsdagoggend vir ure lank op ʼn kleinhoewe in die Vischkuil-gebied buite Springs met ʼn warm strykyster en ʼn tang gemartel nadat hy deur vier gewapende aanvallers oorval is.

Anton Muller (35) het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê hy besef hy is gelukkig om te leef ná die traumatiese aanval. “Die Here het mooi na my gekyk, want hulle was van plan om my dood te maak. Drie van [die aanvallers] het nie balaklawas aangehad nie en een van hulle het vir my reguit gesê hulle gee nie om dat ek hulle gesigte sien nie, want hulle gaan my in elk geval doodmaak,” het hy gesê.

“Op so ’n oomblik maak jy jou maar reg vir die ergste. Ek het net so hard as wat ek kan gebid en bly hoop en glo.”

Muller, wat alleen op die kleinhoewe woon en in Johannesburg werk, het omstreeks 01:30 wakker geword en kombuis toe gestap. Voordat hy egter by die kombuis kon kom, het die vier aanvallers vanuit ʼn ander vertrek in die huis verskyn. Hulle het die agterdeur oopgebreek om toegang tot die huis te kry.

Drie van die mans het handwapens met knaldempers op by hulle gehad. Hulle het Muller kamer toe geneem waar hulle sy klere uitgetrek en sy hande agter sy rug vasgemaak het. Daar het hulle ʼn strykyster by ʼn kragprop ingeprop en begin om hom daarmee te brand. Hulle het ook ʼn tang gebruik om hom te martel terwyl hulle op geld aangedring het.

“In ʼn stadium het hulle my deur die huis laat stap en gesê ek moet vir hulle die geld en die kluis wys. Ek het aanhou sê ek het nie geld nie, maar hulle het volgehou en gesê hulle weet hier is geld in die huis,” het Muller gesê. Die aanvallers het verskeie voorwerpe gebruik om Muller te slaan elke keer as hy ontken het hy het geld.

Uiteindelik het die aanvallers omstreeks 04:30 op die vlug geslaan met ʼn televisie, ʼn elektriese boor, ʼn klankstelsel, klere, vleis uit die vrieskas en kruideniersware. Muller kon daarin slaag om hulp te ontbied en is na ʼn dokter geneem vir mediese behandeling.

Volgens Muller is daar reeds reëlings getref om die veiligheid op die kleinhoewe op te skerp, maar beplan hy om terug te keer na die huis toe. “Dit maak nie saak waar jy bly nie, as hulle wil inkom, gaan hulle inkom. Ek geniet die plaaslewe en ek gaan my nie deur misdadigers laat afskrik nie. Al wat mens kan doen, is probeer om op en wakker te wees en jouself te beskerm,” het hy gesê.

“Ek kan net dankie sê vir die Here, want ek weet Hy het na my gekyk.”

Die plaaslike polisiewoordvoerder kon ondanks verskeie pogings nie Dinsdagmiddag telefonies bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Haan ·

As jy alleen bly of weet dat jy weerloos/sagte teiken is, kry n hond, kry n wapen en wees paraat. Waaragtig hoeveel nog??

Maroela as julle my kommentaar verwyder stuur asseblief dan net n email aan my en verduidelik waarom julle dit gedoen het. Dankie

Anton ·

Maklik om te praat ek het n hond gehad hulle het hom ook geslaan.Sè jy vir my hoe gaan 1 vuurwapen teen 3 my help

Haan ·

Anton ek besef dit is “maklik om te praat”
Ek wil nie op tone trap nie, maar ek sou eerder EEN geweer teen drie wou hê as GEEN geweer teen drie.

jennefer ·

As hy n paar honde in die huis gehad het, sou hy wakker geword het toe hul die deur oopbreek.

Boer ·

As jou lisensie goedgekeur word,nie so maklik as wat jy dink nie..

Zeus ·

Is daar nog mense wat op klein hoewes bly wat nie 24/7 bewapen is nie??

dirk L ·

koop sensor-aktiverende kameras . dit begin opneem en alarm maak sodra daar beweging buite is. sorg dat jy beelmateriaal onmiddelik kan sien op jou selfoon . booby traps en ander hindernisse op jou werf sal help. beveilig een vertrek met ekstra hindernisse waar jy kan slaap

Adriaan ·

Die man kan bly wees hy het nié n vuurwapen gehad en homself verdedig nie. Was n aanvaller gewond of nog erger, gedood, was hy nou in aanhouding.

smp ·

Presies Adriaan. Dis wat in Witrivier gebeur het toe ‘n man homself verdedig het. Gelukkig het dit ‘n goeie einde gehad nadat hy ‘n paar aande in die tronk moes slaap.  Soos ek in n ander kommentaar gese het, die groot probleem in Suid Afrika is dat kiminele so veel beskerming in die verlede geniet het dat dit nou n groot probleem is. Kriminele in en buite die grense het agter gekom dat hulle soveel beskerming hier geniet dat hulle soos hienas oral begin toesak en begin aas het. Hierdie oorbeskerming van kriminele tref eerlike Suid Afrikaners vandag baie hard. Ons almal sal moet saamstaan….Hoe weet ek nie maar ons Afriform en Solidariteit sal ons hiermee moet bystaan.

Donderstorm ·

Dit is goed om God te eer en ek is bly dat hy God eer amien, want baie mense word geseen elke dag deur God in baie verskillende opsigte maar min mense dank God daarvoor God het immers gese vra en glo en ek sal dit vir jou gee maar jy moet my eer in daai lyn al wat ons moet se elke dag is dankie Here.

L ·

Gisteraand in die vrooë oggend ure het ek n nagmerrie gehad oor ‘n plaas aanval en die Here het my wakker gemaak met ‘n sterk gevoel dat ek vir iemand moet bid wie besig is om deur ‘n plaasval te gaan.

as jy belangstel ·

vir almal wat gebed vra en belangstel net die volgende

If Christians really understood the full extent of the power we have available through prayer, we might be speechless.
Did you know that during World War II there was an adviser to Churchill who organized a group of people who dropped what they were doing every day at a prescribed hour for one minute to collectively pray for the safety of England, its people and peace?
There is now a group of people organizing the same thing here in South Africa . If you would like to participate:  Every evening at 9:00 PM
Stop whatever you are doing and spend one minute praying for the safety of South Africa ,
our citizens, and for a return to a Godly nation.
If you know anyone else who would like to participate, please pass this along.Our prayers are the most powerful asset we have.

dit kan die antwoord wees.

Jakes ·

Eks bly jy lewe nog mater,sterkte met gesondword.Haan dis nie net van kry n wapen daar is n proses,en dit raak nie makliker nie

Cherokee ·

Daar was tye gister eergister en die dag voor dit om die proses af te handel.

Haan ·

Na die reeks aanvalle van laas week het ek gister my bevoegdheids toetse by n plaaslike wapenhandelaar gaan skryf. Gaan Vrydag die bevoegdheids proses klaar afgehandel hê. Vandaar is dit polisiestasie toe en oor ongeveer ses maande behoort ek my lisensie te hê. Dit is nie so moeilik nie. My medelye aan jou Anton

Leahim ·

Die boere verloor die stryd oor hulle naiewe houding en die feit dat die meeste weier om paraat te wees en die aanvallers aan die ander kant floreer op die feit dat dit so maklik is om n boer in sy agtererf pak slae te gee.

Geskok ·

Die beste stuurman staan aan wal. Baie duidelik dat Leahim nie die vaagste benul het wat dit is om op n plaas te woon nie. Net die Here kan beskerm.

anton ·

Ek stem saam jou Leahim.
En ongelukkig is daar die mense wat glo dat God hulle moet en sal beskerm sonder dat hulle n vinger veroer om hulle self te beskerm!!!
Jammer maar ek glo dat God help die wat hulle self wil help. Jy moet jou kant tenvolle bring en dan glo ek sal God jou help.
Mens kan nie verwag om niks te doen en dat Hy dan alles vir ons moet doen nie. Dit werk nie so nie!!!
Hy het ons immers n verstand gegee om te kan dink en moet ons dit ook gebruik.

aloys ·

Leahim jy is heeltemal reg. Die aanvallers sal bowendien moet weet en ervaar dat daar nagenoeg een 100% kans is dat hulle tydens of na die oorval gevat gaan word. So , die boere en bewoners in die buitegebiede sal MOET INVESTEER in veiligheid en onderlinge kommunikasie om die doel te bereik. Hulle is een doelwit en dit gaan net aan. Die statistieke daarvan is skokkend. Die lewe is te kosbaar vir naiewe gedagtes.

Karma ·

@Haantjie – ek neem aan jy het toe al klaar die hele kursus gedoen, al die papierwerk deur-gesloeg en hoop om nou vining jou sertifikaat te kry en dan ‘n polisiebeampte te vind wat nie sit en slaap terwyl hy/sy die aansoekvorm invul en dan êrens ‘verlê’ tot jy na 6 maande navraag doen en hulle dan sê hulle het NOOIT jou aansoek ontvang nie. O, en jy het seker reeds ‘n kluis, vasgebout aan of in die muur ingebou (dit mag nie in ‘n hangkas weggesteek word nie). En jy hoop dat jy nie in die volgende 6 maande aangeval en doodgemaak word nie – jy wag dan vir jou lisensie en moet dan nog ‘n vuurwapen gaan koop!

Karel ·

Haan, ses maande kom en gaan en geen lisensie en so rek hulle dit uit. Dan is jou goed weg en en op die einde sit jy met niks en moet jy proses oordoen.

Katy ·

Met trane vra mens hoekom. ?Hoe moet mens met sulke mense hande vat? Stop moorde en aanvalle!

Thea ·

Anton ek ken jou nie maar dankue dar jy jou traumatiese ervaring met ons deel, ek glo met jou posetiewe gesindheid gaan jy hierdeur kom. Dankie Here dat U Anton gespaar het. Jy is in my gebede!

Thea ·

Anton dankie dat jy jou traumatiese ervaring met die res vd land deel. Vergewe die wat so vinnig met “raad” kom! Jy is in my gebede en God alleen sal jou deur die trauma in die holte van Sy hand hou. Jy is in my gebede!

Selfbeskikking ·

Ons regering is besig met volksmoord teen ons. Ons het n baie goeie saak vir selfbeskikking met die hulp van die VN. Kom ons staan saam en kry ons eie land!

abc def ·

Nou is my kommentaar skielik weg.Ek probeer weer. Cherokee,Haan en Leahim,dink julle nie ons almal op plase wil graag elektriese heinings,ligte,gewapende reaksie,pannic buttons,10 wapens ens he nie. As ons die geld of fondse daarvoor gehad het was dit gedoen. As julle nie self op plase of plotte woon en nie soos ons finansieel sterk genoeg is om dit te kan bekostig nie,bly asb stil,julle maak ons seer met julle kommentare want ons wil graag al daai goed he.

abc def ·

Marine is n puik joernalis,gee ons die kans om bietjie met mekaar te verskil asb

Myra ·

Baie bly jy lewe nog Anton.
Dis verskriklik, wees maar nou op jou hoede.
Meskien silent panic button deur jou hele huis waar sein na al die Boere / buurtwag gaan. Alarm ook want hul kan dalk terug kom…
N wapen kan teen jou tel as jy onverwags geplunder word anders n wapen 100 as jy hul al by jou venster sien..vandag baie moeilik elke persoon moet omtrent op eiersloop orals.

Myra ·

Skuus, vir my kommentaar, verstaan almal kan nie alarms ens bekostig nie, maar vandag moet jy iets hê al maak jy jou trap of alarm …
Ek verstaan waardeur jy was, was al daar..
N mens moet iets doen kan nie niks doen nie..

Verskoon maar my kommentaar wil graag hê mense moet veilig wees en ongedeerd, eerder hulle seer kry as jul.

Drikus ·

Ai, Anton, mag jy gou herstel. Hierdie wrede boosheid moet ophou. Kom ons maak ons stemme hoorbaar wanneer die wreedaards voor die hof gedaag word!

AL ·

Dankie Here dat U hom beskerm het. U is ñ groot God en weereens bewys dat wanneer ons ñ persoonlike verhouding het met U, ons in genade en dankbaarheid kan leef.
Dit is belangrik dat ons veiligheidsbewus moet wees. Knaldempers? Dit klink soos georganiseerde misdaad groepe.

Hannelie ·

Anton, ons dank God dat jy nog met ons is. Dit maklik om te se kry honde, kry vuurwapen. Hulle skiet jou honde dood voor hulle jou kan waarsku en as jy wel wakker is, skiet hulle eers. Daar is geen genade by hulle nie. Ons lewens is in God se hand. Bid vir jou en jou geliefdes, onthou ons is daar as jy wil praat. Sterkte ou seun. Jy is kosbaar. Onthou God het nog n plan met jou daarom lewe jy. Hou vas aan Hom, Hy is getrou.

Pistool ·

Asseblief ek is in my 50’s en het vuurwapenlisensie gekry, dis pure luiheid ons blankes wil mos nie in rye gaan staan nie, komaan word menswaardig, God het ons verstand gegee ons vra Hom ons te beskerm maar doen nie ook ons deel daaraan nie, word paraat niks is meer nuut nie hou op kerm en kla en negatief raak sien …. because He lives I can face tomorrow

Theresa B ·

So bly jy lewe. Wat de hel weet hulle van knaldempers af? HUH!! Polisie skitter natuurlik weer. Ek wil ook weet hoeveel mense gaan nog vermoor en gemartel word voordat iets gedoen word. Dis net of niemand omgee nie. Dit is aaklik om elke liewe dag te lees van hoeveel hoewebewoners en boere deur hierdie hel moes gaan. Niemand wat “gesag” het wil iets doen nie. Hoe sien hulle dit – Laat dit maar gebeur dis minder wittes vir die land……………………..

Andre ·

Nog ‘n blanke man gemartel nes die ou mense laas week. Maar steeds is die land gonsend oor die doodskis video…

Moeg vir SA ·

Anton ons is almal bly dat God Sy almagtige hand oor jou gehou het en jou bewaar het.Ek boer self en daar is soveel mense wat mens oordeel van hoekom het jy nie dit of dat gedoen nie.As hulle besef wat dit vandag kos om jouself te beveilig sal hulle skrik,ons praat van derduisende rande.Maar iewers is daar iemand wat vir jou werk wat inligting aan die aanvallers gegee het,net vir die feit dat hulle gesê het hulle weet daar is geld in jou huis.Wees paraat en vertrou niemand wat vir jou werk nie.Hulle hou mens dop!So iets is baie traumaties.Ons bid vir jou vir krag om sterk te staan en vinnige herstel.

Afrikaanse Knaap ·

Mag God ons beskerm, want Fikile beskerm net homself en sy tjommies.
Ek hoop hierdie man sterk fisies en emosioneel vinnig aan.

SêNet71 ·

Dankie Abba Vader dat U saam Anton was. Ek vra egter met groot hartseer hoekom hy deur soveel pyn en lyding moes gaan. Wanneer is genoeg genoeg? Vader gryp asseblief in en neem U land terug. Ons kan planne maak soos ons wil, maar God beskik.

Johannes Meintjes ·

Jammer oor die (bloot maar nog ‘n geval en deel van die daaglikse Nuwe SA statistiek wat deur volk, kerk en politiek gade geslaan word?) voorval. Steeds bly die blanke Afrikaner wie baie dikwels die slagoffer van plaasaanvalle is, apaties en bloot klaerig. Daar was nou redelik tyd beskikbaar vir bid sedert 1652 en vir lesse geleer sedert 1838, 1900, 1910, 1961 en 1994. Soos Nehemia, kan ons mos nou na gebed en lesse geleer baie beter begin doen met persoonlike beveiliging, huishoudlike beveiliging, buurt beveiliging, nasionale samewerking tussen goed-opgeleide buurtwagte met wakker voorsitters in elke GPF Sektor, beter ge-koordineerde media en politieke benaderings en oortuigende burgerlike beveiligings paraatheid. Kom nou bure en burgers!

Breggie v d Linde ·

Hi..Gebed is kragtig en God bly magtig!
Jy ken my nie…maar ons(Arrie) het saam groot gewod.
Ek bid vir jou herstel en veiligheid.
Is jy n diereliefhebber?
Kry asb..daar is in shelters baaie goeie honde wat jou kan bystaan in alarm maak. En jy kry onvoorwaardelike liefde ook. Groete vir jou pa.

Breggie v d Linde ·

Aaaw. Ons het jou pa geken en was saam op skool…beste pelle! Xx

Quinzelle ·

Anton, welgedaan dat jy na so traumatiese gebeurtenis so positief en sterk bly. Dankie! Dit inspireer baie mense wat in vrees leef vir presies so iets om te sien dat mens dit kan deurmaak en “okay” kan wees. Bid jou alle sterkte en n spoedige herstel toe.

SCOTTIE ·

bly jy is ok Anton hoop jy kom oor die ding ek was self so twee weke terug slagoffer by die werk van 4 gewapende mans wat ons beroof het helder oor dag, kan net die Hemelse Vader bedank dat ons geen ernstige beserings opgedoen het nie sterkte daai kant

Theresa ·

Sterkte en sterk aan, Anton! Met 3 wat doelgerig op jou afstorm en reeds inligting ontvang het van geld en moontlike kluis, sou jy min kans gehad het om jouself te beskerm. Hul doen dit asof dit ‘n army aanval is. Gelees jy skerp jou beskermingstelsel op. Dis relatief goedkoop om sensors aan deure aan te bring wat afgaan as dit oopgemaak word. So ook aan vensters. Lastig, maar dit help om mens bewus te maak van onnodige inkom. Ons almal sit in ‘n catch 22 situasie wanneer dit kom by skiet. Al is dit vir selfverdediging. Doen mens dit, kan mens in selle sit totdat hul besluit dis tyd om uit te gaan. Maar jy het so ‘n terrible ding deurgemaak, dat ek wens jy kon hul almal neerfel. Niemand hoort in ‘n ander se huis om sulke afskuwelike goed te doen nie. Hoop daar word spoedig opgetree om die skuldiges te vang. Dagvaar hul dan ook vir trauma en skadevergoeding. Aanranding en poging tot moord gaan te min wees vir mense wat ander martel.

Meraai ·

ANTON…. my hart gaan uit na jou!! die vrees en lyding wat jy deur gemaak het,en jou geloof …GOD IS GROOT – Sterkte en word gou gesond nie net liggaamlik nie maar geestelik ook,dat jou vrees weg geneem sal word om weer rustig te kan gaa slaap,Jys in ons gebede en eks verskriklik jammer dat ons sulke mense in ons land het wat die hart het om sulke dinge aan onskuldige mense te kan doen.Ek vrees elke dag vir my en my gesin se lewe……….

Valerie Byliefeldt ·

VF+ se woorde GENOEG IS GENOEG. Liewe Hemel het julle dan nog nie geleer dat plaasmoorde en aanvalle polities gemotiveer word deur openlike doen en late en dinge wat in Politieke kringe kwyt geraak word nie? Julle praat vir ‘n minuut in parlament oor plaasmoorde, twee dae daarna 6 aanvalle net in die omgewing van Polokwane… Pasop die duiwel het ore…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.