Man met swaarde in huis aangeval

Lourens Aucamp in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Johannesburgse man moet geopereer word nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure met swaarde in sy meenthuis in Randpark Ridge aangeval is.

Lourens Aucamp (34) het vanuit sy hospitaalbed in die Netcare Milpark-hospitaal aan Maroela Media gesê hy het geslaap, maar is wakker gemaak deur geluide in die meenthuis, wat in ʼn veiligheidskompleks is. Sy meenthuismaat het nie Donderdagaand by die huis oorgeslaap nie en hy het opgestaan om ondersoek in te stel.

“Ek het my teen die drie [rowers] vasgeloop. Ek versamel swaarde en hulle het die swaarde gegryp en my begin aanval,” het Aucamp gesê. Hy is in sy gesig, oor sy rug en op sy arm met die swaarde gesny. “My arm is tot op die been oopgesny. Ek het kamer toe gehardloop en vir hulle geskree ek het ʼn vuurwapen. Hulle het toe gevlug.”

Aucamp sê sy bure het sy hulpkrete gehoor en hom te hulp gesnel. Een van die bure is ʼn paramedikus en kon hom bystaan totdat hy na ʼn hospitaal geneem is.

Hy sê hy het ʼn venster deur die nag vir sy kat oopgelos en vermoed die boosdoeners het só toegang tot die huis verkry. Hulle kon net daarin slaag om ʼn televisie te steel voordat hy op hulle afgekom het. “Hulle gesigte was nie bedek nie, maar dit was donker en alles het so vinnig gebeur. Ek kon nie hulle gesigte duidelik sien nie.”

Aucamp het gesê volgens dokters sal hy plastiese chirurgie moet ondergaan om sy wonde te heg, maar hy wag nog vir toetsuitslae om die volle omvang van sy beserings te bevestig.

Kapt. Makgowanyana Maja, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

m ·

As dit n veiligheidskompleks is hoe het hierdie goed dan in die eerste instansie ingekom. O nee kyk hierdie mense wat so dwalend is in ons woonbuurtes…..

Realis ·

80% van inbrake gebeur in sogenaamde veiligheids komplekse. Rede: Die inwoners IS nie paraat nie ,vanweë die mis-persepsie dat dit veilig is

Jakoba ·

Ek stem Realis, dit is ‘n vals gevoel van veiligheid. Ek sien dit hier ook

adriana ·

Security is seker in op dit ? Kry dalk ook iets uit dit uit of security slaap op hulle pos.

Se net ·

Adriana ek stem saam jou. Broers in “crime”!!! Dagvaar die veiligheids maatskappy.

Peet Joubert ·

Kan Maroela media asb vir ons n foto stuur van die vensters maw waar die inbrekers toegang gekry het

Bittergal ·

Ek kyk altyd met groot oge na mense se kombuise, waar die meshouer vol blink skerp messe prominent uitgestal word. Dit is sekerlik geen pret om met jou eie swaard/mes versameling opgekap te word nie!

Brolloks ·

@Bittergal – kom ek sê jou eerlik: die deursnee huis, is deurtrek met goed waarmee jy aangeval of bitterlik seergemaak kan word. Dit is nie net daai messe in die kombuis wat so uitgestal word nie – selfs al word dit níé uitgestal nie, maar in ‘n laai weggebêre, kan hulle dit kry en jou daarmee steek/sy. Jou stoof kan gebruik word om water/olie warm te maak en jou daarmee te brand, jou mikrogolfoond smelt gewone plastiek in sekondes om dit lopend te maak sodat jy gebrand kan word; jou strykyster word warm gemaak om jou te brand, die ketel word aangeskakel en jy met warm water gebrand, jou “fire poker” in jou braai-kamer is ‘n “torture” item, selfs die besemstok in jou besemkas kan gebruik word om jou mee te slaan of jou strot in te druk. Die aërosol van jou reukweerder of gifspuit kan jou blind laat as jy daarmee in die oë gespuit word; bleikmiddel wat in jou waskamer staan en onder druk in jou keel afgegooi word, laat die alleraakligste chemiese brandwonde en kan jou blind laat as dit in die oë gegooi word. Moet ek aangaan …….????????

Siek SA ·

Ai ‘n mens is nerens meer veilig nie. Hoe kom hulle in ‘n veiligheids kompleks in? Inside job!! Siek, siek SA.

Paul ·

Daar moet verseker ‘n manier wees hoe ‘n mens die regering aanspreeklik kan hou vir jou mediese uitgawes en ander onkostes. Dit kan nie so voortgaan sonder dat die burgers behoorlik beskerm word nie

danie ·

Dan gaan jy daarvoor betaal op een of ander manier as belastingbetaler. Dankie vir jou vrygewigheid.

griki ·

Lourens, ek is baie bly dat jy die aanval oorleef het. Mag ek voorstel dat jy liewer snags jou kan binne hou? Dit sal veiliger wees vir julle altwee.

Cherokee ·

…en Lourens, ek stel voor jy koop vir jou ‘n gun want as jy regtig een gehad het sou jy nie vir hulle geskreeu het dat jy ‘n vuurwapen het, bloot om hulle skrik te maak nie. Dan sou jy dit gaan haal het en hulle gepot het.

Wouter ·

Bly in n veiligheidskompleks waar GEEN wagte is nie. En wees nog altyd waaksaam. Vertrou net niemand. Nie jou buurman,/buurvrou, huishulp, tuindienste, vriende van jou kinders of werkers nie. Dit is ongelukkig so in die land.

Cherokee ·

As jy in ‘n ‘veiligheidskompleks’ sonder wagte woon is dit die eienaars se keuse ter wille van besparing op heffings. Jy behoort op ‘n vergadering vra of/dat veiligheid opgeweeg word teenoor finansies.

Selfbeskikking ·

Daar is werklik geen beter manier om onsself te beskerm as om onsself te regeer nie. Kom ons begin onderhandel om los te breek en ons eie veilige land te bou.

Brolloks ·

Ja en Orania is nie ‘n ou stof-bedekte boere-dorpie doer bo in die Vrystaatse gramadoelas met geen industrieë, geen hawe, geen invoere/uitvoere, geen ordentlike paaie en strate en onafhanklike kragvoorsiener, onafhanklike polisiediens, basiese infrastruktuur, privaat ambulansdiens, hospitale ens. ens. nie.

Lampies ·

Brolloks, jy is reg: Orania IS NIE ‘n terug-op-die-brug stofdorpie nie. Maar jy was ooglopend nog nie daar nie, anders sou jy geweet het dit is nie in die Vrystaat nie.

J ·

Dankbaar.. Lourens jy moet vinnig herstel.
Sien al Daai MUUR wat self gebou sal moet word
na die SELF beskiking wonderwerke.

anton ·

Mense wat werklik glo dat veiligheidskomplekse, veilig is, leef in n droom wêreld.
En as daar nog wagte by di hekke is, is dit nog meer onveilig.
Ek wil ni eers verniet in so n kompleks bly nie!!!

Herman ·

Weet nie watse mense aangaval het nie, maar daar is definitief plaaslike tereur aanvalle teen ons mense.

Brolloks ·

@Herman – is jy seker dit is ‘mense’ wat Lourens aangeval het?

Ouvrou ·

Daar bestaan nie iets soos n veiligheidskompleks nie. Dis n woord wat uitgedink is om peperduur te wees. Hoeveel keer breek hulle is by die plekke. Mens kan in n fort woon en dit gaan niks baat as hulle wil in nie.?

amvi ·

Daar is net soveel inbrake in “komplekse” as in huise. Indien nie meer, want om toegang te kry is makliker as by ‘n huis. As jy vir “iemand” vra of hy in die kompleks woon aangesien jy hom nie ken nie, diskrimineer jy dadelik en dan is jy geteiken. Dus hulle kom en gaan soos hulle wil net soos die huiskwerkers wat alles van almal af weet.

Chevy ·

Stem saam moet wees poging tot moord en nie net huisroof nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het nog nooit gehoor van ‘n man wat so rof is, dat hy ongewapen 3 manne met swaarde af weer nie. Lourens is duidelik nie ‘n kat om sonder handskoene aan te pak nie.
Ek hoop hy sterk gou aan, en ek hoop die rowers sterf met die swaarde waarmee hulle lewe.

Brolloks ·

@Afrikaanse knap – die Engelse sê nie verniet “Live by the sword, die by the sword” nie.

Petrus ·

Brolloks – die moderne weergawe is: “Those who live by the sword, get shot by those who don’t…”

Brolloks ·

@Afrikaanse knap – die ‘mense’ wat Lourens aangeval het, het tien teen een gehoop die huis wat hulle geteiken het word bewoon deur ou mense of deur ‘n vrou alleen; hulle het hulle boeglam geskrik toe hulle sien dit is ‘n groot, Boereman wat daar staan en toe hy dreig met ‘n “gun” – toe maak hulle soos hul nasie altyd maar maak – vang eers bollie aan en hol dan weg.

Lourens, neem mooi foto’s van al jou swaarde waar hulle uitgestal hang – en gaan sluit jou versameling in ‘n “vault” toe by ‘n bank of iets. Monteer daai foto’s pleks van die swaarde teen die muur.

En leer jou kat om ‘n sandbak snags te gebruik.

Ek wens... ·

Wens dit was so maklik om in Amerika te kom… As mens oor ‘n sekere ouderdom is of nie die regte kwalifikasies het nie is dit nag vir jou.

mjazzguitar ·

It is unfortunate that your website does not allow Google Translate to translate your articles into a language that readers from another country can understand.

Neilia ·

mjazzguitar this basicly says that the man was attacked by 3 criminals. He was seriously injured with the swords he keeps in his home as a collective item/s . They stole only a television set. He survived by running to his room and screamed that he had a weapon. He is going to need plastic surgery. Neighbours heard his screams ans came to his assistance. Basicly if your skin is white in SA you are a target.

Wern ·

Maroela, luister wat mjazz sê. It does not help Afriforum try their best informing the rest of the world about what our government is doing to us but then you make it impossible to translate pages here.

humor ·

En sorg dat jy n wapen het en dat hy in jou hand is voordat jy uit jou bed klim.

Elsa ·

Wonder net of Polisie ook die nuus lees?Waar is die minister en regering wat veiligheid moet verseker? Tyd dat aandag gegee word aan al die aanvalle, roof en moord in elke buurt, en minder nuus oor al die korupsie en hofsake wat al meer word en niks voordeel inhou vir ons land se mense nie…dik vir die aanvalle en ook UBER oorlog….WAAR IS DIE polisie??

Afrikaanse Knaap ·

Ek sal baie verbaas wees as Fikile Red Alert Holmes kan lees.

Die polisie is data capturers. Hulle teken net die oorlog insidente aan. Hulle voorkom bitter min.

Lynette ·

n 75-jarige Oom en Tannie van ons dorp, Porchefstroom, is op hul plot gedwing om kaal uit te trek en met kookolie en kookwater gebrand – die oom is n paar weke later dood. Hulle het net selfone en n paar honderd rand gesteel. Dis n skreiende onreg na 75 jaar ae lief en leed op so n barbaarse wyse op jou einde te kom, en om dan nie te praat v d skeiende VERNEDERING wat die naakte tannie moes beleef het nie – dis vir my amper ERGER as die marteling…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.