Man met vals bom laat vaar borgtog

Argieffoto.

ʼn Man wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn toestel wat soos ʼn bom gelyk het, het Donderdag sy borgtog-aansoek laat vaar. Die bom is vroeër vandeesmaand by die Taqwa-moskee in Vereeniging, Gauteng, geplant.

Die beskuldigde, Hendrick Holtzhouszen, het vlugtig in die Vereeniging-landdroshof verskyn waar staatsaanklaer Adele Barnard gesê het Holtzhouszen se verdediging het aangedui om sy borgtog te laat vaar en dat hy by die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal opgeneem word vir 30 dae se waarneming.

“Die staat is met dokumente voorsien wat verklaar dat hy paranoïede skisofrenie het. Ons het ʼn datum vir die evaluering van die beskuldigde gereël. As hy voor daardie datum opgeneem moet word, sal die hof in kennis gestel word,” het Barnard gesê.

Holtzhouszen het voorheen in Verulam naby Durban gewoon waar ʼn bom in Mei by ʼn moskee ontplof het. Dit is nie duidelik of die twee voorvalle verbind word nie.

Holtzhouszen word tans in die hospitaalafdeling van die Leeuwhof-gevangenis in Vereeniging aangehou waar hy waargeneem word en medikasie ontvang.

Holtzhouszen staan tereg op aanklagte wat verband hou met terrorisme. ʼn Gedeelte van dié wetgewing verklaar dat enigiemand wat ten doel het om ʼn vals oortuiging te skep dat ʼn middel of toestel skade kan veroorsaak, vervolg kan word.

Die saak is tot 16 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leser ·

wat is die straf vir terrorisme / tereur, tronk toe en gooi weg die sleutel
moenie worry nie, gou op borgtog vry en jou kanse om president te word is goed

IK ·

Ongeag of jy nou teen die regering van ‘n land is is selfs ‘n grap dat jy ‘n bom in jou voertuig het sou jy in ‘n padblokkade gevra word aangaande vuurwapens in jou besit soek jy vir GROOT moeilikheid. Bly weg, sommer vêr weg van sulke staatsondermyning want jy kan vir baie jare weggebêre word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.