Man met versteekte diamante op lughawe vasgetrek

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Namibiese man is Vrydag op die Kaapstad Internasionale Lughawe vasgetrek nadat ongeslypte diamante is sy besit gevind is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Kaapstadse grenspolisie het op ʼn wenk gereageer toe hulle die 37-jarige man omstreeks 21:15 in hegtenis geneem het.

“Die man het in die internasionale vertreksaal gesit en wag om sy vlug na die Verenigde Koninkryk te haal toe hy in hegtenis geneem is. Vyf ongeslypte diamante is in sy besit gevind,” het Traut gesê.

Die diamante was in ʼn klein pakkie in die man se onderbroek versteek. Die waarde van die stene is nog nie bepaal nie. Die man sal Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Dit word seker nou as kroon juwele gesertifiseer!!!!!!!!!!

louis ·

Hahahahaha……..plaas hy dit in daai sak sit dan sou hulle dit nie gevind het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.