Johan Freysen (55) is omstreeks 21:00 deur drie verdagtes op sy kleinhoewe in De Wildt, noord van Pretoria, oorval. Freysen se vrou, dogter en ʼn vriend was ook glo ten tyde van die aanval in die huis
Kapt. Riana van Aarde, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvallers het glo ʼn vuurwapen by hulle gehad en het Freysen met die wielsleutel aangerand. Freysen se vrou kon daarin slaag om met die trappe op te hardloop na die eerste verdieping van die huis en die paniekknoppie te druk.
“Toe die verdagtes die alarm hoor, het hulle met twee selfone en die sleutels van een voertuig gevlug,” het Van Aarde gesê.
Sy het gesê Freysen het kopbeserings opgedoen en is ná die aanval in die hospitaal opgeneem, maar kon nie bevestig hoe ernstig sy beserings was nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.
Pop, ek stem saam ….. daaroor het ek ook al baie gewonder ……. osn boere bly maar ‘n target.
Dit was my ouers gewees. My pa het ‘n erge skedel fraktuur en is so ook met skroewedraaier gesteek. Dit was ‘n baie traumatiese ervaring vir almal. En dit was nie huisbraak nie maar wraak. Slegs 2 selfone is gesteel.
Gevaarlike wapen. Poging tot moord. Punt
Ja, waar is die saak van aanranding, poging tot moord, en tien teen een crimen injuria? Ek laat my nie vertel dat een van die pesgoed jou bykom en stil bly nie. Hulle vloek de laaste een soos matrose.