Man met winkelpop doodgeslaan

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Edu Lauton/Unsplash)

ʼn 60-jarige man is Dinsdag in die vroeë oggendure in die strate van Gqeberha (Port Elizabeth) met ʼn winkelpop aangerand en vir dood agtergelaat.

Die slagoffer is glo herhaaldelik met die pop geslaan voordat hy eindelik aan sy beserings beswyk het.

Die aanval het om 02:30 in Durbanweg in Korsten plaasgevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die aanvaller het glo vroeg die oggend ʼn hawelose man wakker gemaak, maar vinnig besef dié is nie die persoon na wie hy op soek is nie.

“Die verdagte het toe aanbeweeg en die slagoffer, wat op trappe gesit het, genader en hom met die winkelpop begin aanrand,” sê Naidu.

“Luidens berigte het hy met die pop in die hand van die toneel gevlug.”

Die slagoffer is erg aangerand en is later op die toneel dood verklaar.

Die identiteit van die slagoffer is nog nie bekend nie.

Die polisie het intussen ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om op hul hoede te wees in ʼn poging om die beweerde moordenaar op te spoor.

“Enigiemand wat moontlik die oorledene kan identifiseer of vermoed dat die verdagte aan hulle bekend is, kan met die Gelvandale-polisiestasie kontak maak,” sê sy.

Die polisie het  ʼn saak van moord aanhangig gemaak en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Nou hoe wil hulle hê moet mens hulle help as daar geen beskrywing is nie? Hulle gee nooit enige beskrywing nie maar verwag mens moet hulle help!!!

Frank John

Lyk my moord is maar net nog ‘n tyd verdryf in SA. As jy verveeld is of kwaad en omgekrap is, slaan sommer iemand dood. Dis nie meer ‘n groot crime hier nie. Die polisie weet wie dit is want hulle het minute voor die moord met die man gepraat.

Veronica

NOU het ek wraggies alles gehoor! ek slaan net my hande saam

Toy

Lyk my mense raak regtig mal in hul koppe.

lodewyk

Nou gaan die poppe daans of sal ek se klappe uitdeel