Man meters ver agter taxi gesleep

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man sal binnekort in die hof verskyn nadat hy die 34-jarige Jan Mienies van Marydale in die Noord-Kaap glo ʼn paar meter ver agter sy taxi gesleep het.

“Die bestuurder van die taxi het op Oukersaand omstreeks 21:15 glo vir Mienies R100 gegee om dagga te gaan koop,” het lt.kol. Hendrik Swart, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe Mienies terugkeer en sê hy het die kleingeld gebruik, het die verdagte hom glo aan sy taxi vasgemaak en ʼn hele ent lank ver gesleep.”

Mienies het ʼn gebreekte rib, gebreekte been en kneusplekke opgedoen. Hy is in die Prieska-hospitaal opgeneem.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Langtand ·

Taxidrywer met dagga? Self seker so bedwelm dat hy die moed het om n mens agter sy taxi aan te sleep!
Ek het al baie gewonder oor die nugterheid van hierdie drywers,! Almal gedope dis hoekom hulle so astrant en roekeloos bestuur!! Taxidrywers se lisensies moet dringend ondersoek word! Hulle is verantwoordelik vir baie mense se doodgaan op die paaie!!

Sarie ·

Hulle rook glo dagga, want hulle kan dan vir ure bestuur… Skakel soortvan oor na “Auto pilot”… Ek is vàs oortuig daarvan, dat bykans àlle taxi bestuurders, die een of ander soort opkikker / verdowings-middel gedurende besige tye gebruik, sodat hulle die maksimum ritte kan onderneem…

Manie ·

Hey man ‘n man se “”Change” is sy “Change” Wat verstaan die manne nie. Ons maak mos ons eie wette en voltrek vonnisse!!

Daleen ·

…… eish, ja nee!! Een uit elke tien mense tussen 12 en 50 gebruik die een of ander dwelm of drank. Hierdie ouens seker ALMAL. Skandelik!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.