Man misbruik glo dogters, 17 ander meisies

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrystaatse man wat daarvan beskuldig word dat hy sy dogters en 17 ander meisies seksueel mishandel het, sal na verwagting om borg aansoek doen wanneer hy weer in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Heila Niemand, woordvoerder van die polisie, het gesê die man staan tereg op aanklagte wat verband hou met die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie.

Die man is op 16 Oktober in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van Interpol af ontvang het. Die man het glo aanlyn ʼn netwerk vir pedofiele besoek en foto’s opgelaai van waar hy sy twee dogters en ander meisies seksueel mishandel.

Volgens Niemand het die polisie die man se dogters ondervra en het dit aan die lig gekom dat hy hulle en die bure se dogters seksueel mishandel het. In een geval het die man glo sy 13-jarige dogter verkrag en dit gedokumenteer, het Niemand gesê. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat daar 17 ander meisies, tussen sewe en 17 jaar oud, is wat deur die beskuldigde seksueel mishandel is.”

Niemand het gesê die man het foto’s op ʼn webwerf geplaas waartoe slegs sekere mense toegang het. Die webtuiste se gebruikers moet eers ʼn foto van kinderseks oplaai voor hulle toegang tot die webtuiste kry.

Die polisie het op rekenaars, DVD’s, selfone, boeke, seksspeelgoed, onderklere en foto’s beslag gelê nadat daar ʼn klopjag op die man se kantoor in Kew, Johannesburg uitgevoer is op die dag wat hy in hegtenis geneem is.

Die man, wat as ʼn veiligheidsbeampte gewerk het, het twee weke terug in die hof verskyn en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 12 November. Die man se naam kan nie bekend gemaak word nie ten einde die identiteit van sy dogters te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eileen ·

Vark! Dit aan jou eie dogters te moet doen – blerrie gemors.

Chanel ·

Om dit aan enige iemand se dogter te doen is verskriklik. GEEN GEEN kind verdien dit om deur so iets te gaan nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jan ·

Is daar enige opvolg tot hierdie artikel. Sal graag wil weet wat wat met die ou gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.