Man moor glo oor sonbril

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Donderdag in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy glo vroeër vandeesmaand ʼn 33-jarige motorwag buite ʼn winkelsentrum in die dorp oor ʼn sonbril vermoor het.

“Die verdagte, Elias Khatree van Lesotho, word verdink van die moord op Paseka Nyaole,” het sers. Martin Xuma Maandag gesê.

Volgens Xuma het Khatree Nyaole op 2 Februarie omstreeks 13:30 gekonfronteer en hom daarvan beskuldig dat hy sy sonbril gesteel het. “Nyaole het dit ontken waarna Khatree hom glo aan sy gordel gegryp, en met ʼn mes in sy nek gesteek het.” Nyaole het later dieselfde dag in die Mantsopa-hospitaal aan sy besering beswyk.

Nyaole was ʼn motorwag by die winkelsentrum en Khatree is ʼn hawelose.

Sy saak is uitgestel tot 24 Februarie vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.