ʼn 31-jarige man van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander man oor wyn vermoor het.
Konst. Mncedi Mbombo, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die verdagte het na bewering oor die naweek saam met ʼn 42-jarige man by ʼn plakkershut in die Chris Hani-plakkerskamp gedrink toe ʼn stryery oor 5l wyn uitgebreek het.
“Die 42-jarige man is tydens die stryery met ʼn skerp voorwerp in sy bors gesteek. Die plakkershut is ook aan die brand gesteek. Die slagoffer se liggaam is buite die afgebrande plakkershut aangetref,” het Mbombo gesê.
Die verdagte het homself Sondag aan die polisie oorgegee. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en brandstigting.
Hulle sê gevoontlik brannewyn het nie briekke nie. In die geval lyk my wyn het nie briekke nie.
O wyn van die wingerdstok…. menige lewens het jy opgedok …. my ma tot die graf gelok… maar vir my gaan jy nie kry nie, dis gewis…. ek sal jou dink tot jy vergaan in gis!!
drink…. nie dink nie!! LOL
Dit is so n alledaagse verskynswl.. ek is verbaas dt haal die nuus!
Hier het anedag n vrou n ander vrou met n klip dood gekap oor wyn..
Wel die een duiwel lei jou gewoonlik na die volgende duiwel toe. Hier het die duiwel van verslawing hom na die duiwel van moord en doodslag gelei. Nou sal hy na die duiwel van depressie en angs gelei word, of die duiwel van vals christenskap. Dit bly ‘n bose kringloop en al daardie paaie lei uiteindelik na Satan.
Deel asb nog van daai uit, ek sal n link borg ?
Mag ek sit nou maar se? Barbaarse optrede.