Boiki Lucas Makgorogo het in die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane, Rustenburg verskyn. Hy het sy borgtogaansoek laat vaar nadat hy tydens sy vorige verskyning aangedui het dat hy om borgtog wil aansoek doen.
Die saak is tot 5 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Makgorogo word daarvan beskuldig dat hy sy suster, Ellen Semakaleng Makgorogo (54), op 29 April vermoor het. Hy het haar liggaam glo in die veld naby Rustenburgkloof gelos.
Makgorogo het glo sy suster vermoor sodat hy sy ouers se huis in Tlhabane kan erf. Sy suster het in die huis gewoon nadat hul ouers in 2010 oorlede is.