Man moor glo vrou, spring van brug

Foto: @PmbConnected/Twitter

Foto: @PmbConnected/Twitter

‘n Vrou is met ‘n mes doodgesteek by ‘n winkelsentrum in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal en haar vermeende moordenaar is kritiek beseer nadat hy glo van ‘n brug af gespring het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige vrou is omstreeks 10:00 by die Liberty Midlands Mall met ‘n mes aangeval en is op die toneel dood. Sy is glo twee keer in die bors gesteek.

Zwane sê die vrou se vermeende aanvaller het op ‘n motorfiets van die toneel gevlug en tot by ‘n brug oor die N3 gery. Hy sê die man het van die brug af gespring en is kritiek beseer.

Zwane sê dit is nog nie duidelik of die slagoffer en die verdagte mekaar geken het nie. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die man, in sy laat 20’s, is in die stadige baan van die hoofweg aangetref. Hy het ernstige rugbeserings opgedoen.

Meiring sê terwyl paramedici besig was om die man te behandel, het omstanders hulle meegedeel dat ‘n vrou beseer is tydens ‘n voorval by ‘n nabygeleë winkelsentrum. Paramedici is na die winkelsentrum waar hulle die vrou op die toneel dood verklaar het.

Zwane sê die verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en sal in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn sodra hy ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anri ·

Ek was daar en die berig oor die motorfiets is onwaar. Daar was geen motorfiets nie, mar wel n wit Jetta. Die vrou is in die nek gesteek met n mes. Die man het ernstige kopwonde gehad. Sy bene en arms het ook nog beweeg na die sprong van die brug af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.