Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man het sy vrou glo tydens ʼn rusie by hul huis in Heideveld doodgesteek. Hy is omstreeks 20:30 in hegtenis geneem.
Volgens Traut is die man nog nie formeel aangekla nie en sal binnekort in die hof verskyn. Die rede vir die rusie en die omstandighede wat tot die moord gelei het, sal deel uitmaak van die ondersoek, het hy gesê.
Hoekom is hy in hegtenis geneem? Moord is mos een van ons land se nasionale sporte – verkragtig en roof (of dit dmv bedrog of net ‘grab a bag’ is) is die ander nasionale sporte.
Die antie moes hom baie kwaad gemaak het