Man moor vrou glo met mes tydens rusie

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 48-jarige man van Kaapstad staar ʼn aanklag van moord in die gesig nadat hy Woensdag glo sy 47-jarige vrou met ʼn mes doodgesteek het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man het sy vrou glo tydens ʼn rusie by hul huis in Heideveld doodgesteek. Hy is omstreeks 20:30 in hegtenis geneem.

Volgens Traut is die man nog nie formeel aangekla nie en sal binnekort in die hof verskyn. Die rede vir die rusie en die omstandighede wat tot die moord gelei het, sal deel uitmaak van die ondersoek, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Hoekom is hy in hegtenis geneem? Moord is mos een van ons land se nasionale sporte – verkragtig en roof (of dit dmv bedrog of net ‘grab a bag’ is) is die ander nasionale sporte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.