Man ná 11 ure uit sloot gered

Foto tydens die reddingspoging geneem Foto: ER24

Foto tydens die reddingspoging geneem Foto: ER24

ʼn Man wat by ʼn huis in Isipingo, Durban in KwaZulu-Natal in ʼn sloot vol water vasgekeer was, is Saterdagaand ná ʼn 11 uur lange reddingsoperasie bevry.

“Die 29-jarige man is na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal gehaas nadat hy gered is,” het Luyanda Majija, woordvoerder vir ER24, gesê. “Die man is in ʼn stabiele toestand en word vir bekkenfrakture en beenbeserings behandel.”

Majija het gesê paramedici van ER24, personeellede van die brandweer en beamptes van die polisie se soek- en reddingseenheid het 11 ure lank gespook om die man te red. “Die man was Saterdaoggend omstreeks 09:00 glo besig om ʼn muur te bou toe sy been in die puin onder in die sloot vasgesit het.

Reddingswerkers moes onder moeilike omstandighede werk, aangesien die water in die sloot bly inloop het en dit vinnig dreineer moes word. Die man was met tye heuphoogte onder die water, het Majija gesê.

Lees ook:
Man in sloot vasgekeer

Foto tydens die reddingspoging geneem Foto: ER24

Foto tydens die reddingspoging geneem Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.