Man ná aand uit vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in die Vrystaat het Maandag ʼn man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn onbekende man vroeër die oggend.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die moord het omstreeks 05:30 in Botshabelo plaasgevind.

“ʼn Groep vriende het saam met die onbekende man, vermoedelik 35, van ʼn plaaslike kuierplek af geloop. Op pad huis toe het ʼn bakleiery tussen die onbekende man en een van die groep vriende, ʼn 27-jarige man, uitgebreek,” het Xuma gesê.

“Hulle het na bewering oor ʼn meisie baklei, waarna die 27-jarige man glo die slagoffer twee keer in die bors en twee keer in die rug gesteek het.”

Die polisie is na die toneel ontbied en het die saak begin ondersoek.

Die 27-jarige man is binne ʼn paar uur in hegtenis geneem en moet binnekort in die Botshabelo-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

‘n Groot gedeelte van SA se populasie beskik nie oor die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle dit pleeg nie. Wat het die 27 jarige gedink terwyl hy sy slagoffer gesteek het? Is die meisie nou “syne”? Gaan hulle trou? Is sy ouers trots op hom? Is hy nou ‘n hero in die gemeenskap? Wat het hy deur sy dade bereik? Wat WOU hy deur sy daad bereik? Dis duidelik dat hierdie man NIE die uitkoms van hierdie aksie oordink het voor of tydens die uitvoering daarvan nie. Waarom nie? Kan dit wees dat hy nie oor die redenasie vermoë beskik om dit te doen nie, en slegs op instink reageer? Waar is die kenners op hierdie gebied? Lewer tog kommentaar asseblief….

Kenner ·

Dit is so eenvoudig soos dit: daar is geen of bittermin gevolge vir jou dade in die land. Jy kan maak wat jy wil en jy sal wegkom daarmee want tussen die polisie, howe of korrektiewe die ste is die kanse goed dat jy in eerste plek nooit gevang gaan word nie, as jy gevang word is kanse goed dat jy met waarskuwing of borgtog vry gaan kom of net vir n kort rug opgesluit sal word. Stabiele samelewings pas ‘sanksies’ toe op mense wat ander benadeel maar as gevolg van verval en oormatige beskerming van misdadigerregte het ons same;ewing in duie gestort.

Kenner ·

Hy was dronk! Is dit regtig so moeilik vir jou om te verstaan??

Veronica ·

Stem saam! Bou nog tronke! Dis werk skepping en bied oplossing vir oorbevolking in tronke. Weet nie hoekom dit nie al laaaankal gedoen is nie! in plaas daarvan om gevangenes vry te laat op parool, net om weer te moor en te roof!

humor ·

Soos gewoonlik word die maklikste uiweg gekies. Parool of laat hulle ontsnap. Die doeltreffendste sa natuulik wees n goed opgeleide onverskrokke polisiemag, die herstel van die regsbank en om aan die burgers die reg te gee vir n eie mag vir beveiliging. Dan sal daar van die tronke gesloop moet word en dit kan vir die belastingbetaler miljoene spaar en dit kan n bydrae lewer om ons rommelstatus op te hef.

Oom Kalahari ·

Ai is moord dan altyd die perfekte oplossing tot alles. Wat eerste by my opkom is dat hul bietjie lawaai water gaan drink het by die Shebeen antie se bokjol valley fontein. Einde van die maand en die beursie raak te swaar met al die note en daar moet van ontslae raak en wat ‘n beter kuierplek. Dit is mos die meisie se keuse met wie sy graag wil vereenselwig en waarom jouself wil opdwing of ander wil uit forseer. Die windpomp sherry gee maar soms ‘n bietjie geheue verlies en verkeerde optredes.

Iché ·

Ek stel voor dat (elke keer )as ‘n skool afgebrand word deur inwoners/
gemeenskap, die skool NIE vervang word met nuwe een nie.
(Gebruik die geld eerder om nog ‘n tronk te bou).
Tweedens,kla alle brandstigters aan van poging tot Moord.
Derdens, as iemand wat ‘n staatstoelaag ontvang en hom / haar skuldig maak aan kriminele aktiwiteite, onttrek sy of haar toelaag
onmiddelik. En “blacklist” die kriminele sommer by Staatshospitale ook- laat hul heel agter in die ry wag totdat daar na al die ander pasiënte
omgesien is.

Vra maar net ·

LOL Oom Kalahari…………………Is Windpomp Sherry dan nie maar net gewone water nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.