Man ná botsing in kop geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man is Woensdagaand in Johannesburg in die kop geskiet nadat hy glo in ʼn botsing betrokke was.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die botsing omstreeks 20:00 in South Africa-rylaan in Cosmo City plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is die man buite sy voertuig aangetref. Hy het op die sypaadjie gesit met ʼn koeëlwond aan sy voorkop,” het Vermaak gesê. Die man was in ʼn ernstige, maar stabiele toestand.

Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

“Die man het aan paramedici gesê hy was in ʼn botsing betrokke met ʼn ander voertuig, waarna die bestuurder glo uitgeklim en hom geskiet het,” het hy gesê.

Die vermeende skieter is deur die polisie ondervra toe paramedici die toneel verlaat het. Hy het nie beserings tydens die ongeluk opgedoen nie.

Die polisie was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ANDRE ·

SAP het die vermeende skieter ondervra ???? , Vir wat nie gearresteer vir poging tot moord nie ?? Seker weer n politieke ding .

Laurika ·

Genade – min dat iemand wat in die voorkop geskiet word met ‘n vuurwapen, leef om die storie oor te vertel.

mm ·

As dit ‘n blanke was dat was hy hardhandig in ‘n polisie voertuig gegooi en aangerand!

koos ·

Die skieter is swart en die slagoffer wit, so die SAPD sal niks doen nie, of die of die skieter en die slagoffer is albei wit, so dis ook nie so erg nie en die SAPD doen dus niks.

Cherokee ·

Die skieter was miskien vies oor die ongeluk wat gebeur het.

J ·

Die berig gee heeltemal te min info om te besluit hoe ek hieroor voel.

Takkie Takuuza ·

Julle sal maar ander koerante ook moet lees om die feite oor ‘n berig te kry. Hierdie een bederf nie ‘n goeie storie met feite nie.

Die skieter is gearresteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.