Man ná deurnag-kerkdiens doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Thohoyandou in Limpopo het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na verdagtes wat ná ʼn deurnag-kerkdiens ʼn man doodgeskiet en ʼn ander man gewond het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondagoggend omstreeks 04:00 in Khakhanwa in Limpopo plaasgevind.

“Shadrack Livhuwani (30) en ʼn vriend (25) het glo huis toe gestap ná ʼn deurnag-kerkdiens toe onbekende gewapende verdagtes op hulle losgebrand het sonder om enigiets te sê,” het Ngoepe verduidelik.

Livhuwani en die vriend is tydens die voorval ernstig beseer en na die hospitaal gehaas. Livhuwani is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Die vriend sterk nog aan ná die skietvoorval, maar is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal,” het Ngoepe gesê.

Volgens die polisie is die motief agter die moord nog onbekend. Die polisie-ondersoek duur voort.

Mense met inligting oor die voorval kan dit gaan aanmeld by hul naaste polisiestasie of 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

Onskuldige mense word net eenvoudig vermoor – en daar word niks aangedoen nie – Sterkte aan die Families van die 2 mans.

SARIE VAN HEERDEN ·

Deurnagkerkdiens kon dalk ‘n steurnis gewees het vir bure wat die lawaai van sang en handeklap moes aanhoor en verduur en irritasies veroorsaak het. Waarom anders sou ‘n gewapende man in die middel van die nag losbars op ander mense wat van ‘n diens af teruggaan huistoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.