Man ná wilde jaagtog in Pta doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Man is Maandag ná ʼn wilde jaagtog deur Pretoria se strate doodgeskiet.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die jaagtog het gevolg nadat ʼn inwoner Maandag omstreeks 11:00 van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof is nadat hy geld by ʼn bank in die Quagga-winkelsentrum in die weste van Pretoria onttrek het.

“Inligting oor die voertuig, ʼn wit Volkswagen Caddy, waarin drie verdagtes gevlug het, is versprei. Die polisie se blitspatrollie het die voertuig in Kerkstraat opgespoor en van die pad probeer aftrek,” het Moloto gesê.

Die verdagtes het die polisie probeer ontduik en ʼn hoëspoedjaagtog in die rigting van Danville het gevolg. Die jaagtog het in Bruinvingergras-singel tot ʼn einde gekom waar daar ʼn oor-en-weer-skietery tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek het.

ʼn Verdagte is noodlottig gewond. Die ander twee kon daarin slaag om te voet te vlug en is steeds soek. Die polisie het beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool en die verdagtes se voertuig. Verdere ondersoek het bepaal dat die voertuig in Oktober verlede jaar in Pretoria se middestad gesteel is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van die besit van ʼn gekaapte voertuig en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid of die verdagtes met ander rooftogte die afgelope tyd in die omgewing verbind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Stormrider ·

Verdagte(s) noodlottig gewond, die res vlug te voet. Dis altyd dieselfde storie. Hoekom slaag hulle konsekwent daarin om die SAPS te voet te ontvlug? Word hulle nie agternagesit nie? Frustrerend….

Leon ·

As jy kyk na die obesiteits vlak van sap lede(ja, kleinletter), kan jy verstaan dat hulle nie naastenby nie enige fiksheidstoets sal kan slag nie!!!

SKANDALIG

Lithop ·

Hulle kan te voet ontvlug want die oorgrote meerderheid van ons polisie lede is te dik en te onfiks om ‘n skilpad in the hardloop.

Leon ·

Dan sal ek dit weer noem, almal se obesiteits vlakke is van so ‘n aard hulle kan geen, maar geen fiksheidstoets slag nie!!

Andrew ·

Ja ja Leon. Ons weet almal jy is super fiks en boonop ‘n dwaas wat blindelings in ‘n skietgeveg in hardloop. Wees rustig dapper held!!

Christa venter ·

Waar is die honde eenheid? Waar is die motorfietseenheid? Waar is die helikopterondersteuning? Genade maar die onbevoegdheid laat mens klippe kou.

MM ·

Dit neem soms ‘n ruk vir die helikopter om in die lig te kom teen daardie tyd is hulle lankal weg.
Dit lyk altyd vir die publiek alles gebeur as die ou op die grond sy vingers klap. Dit werk nie so nie. Ek was vir 10 jaar in die sapd. Motorfietseenheid………waarvan praat jy nou???? Honde eenheid is daar soms net 2 voertuie met honde beskikbaar vir die hele Pta. Dit hang af waar die honde voertuig is kan soms tot ‘n uur neem hang af van die verkeer.
En glo my ons kon ook nie altyd die skelm in hardloop nie.

DPJ ·

Knap gedaan SAPD. Net jammer julle kon nie al drie wond nie.
Fiksheid sal beslis help met agtervolging.

Willem ·

Het enige iemand van julle klakouse al self n krimeneel probeer vamg as hy begin hardloop?Eerstens het hy klaar n voorsprong op jou en tweedens is hy do vol adrenalien hy hol partykeer n hond weg!Voor jy weer komentaar wil lewer plaaa jousrlf in n polisieman se skoene,dra bietjie die lyfpanser en toerusting dan praat jy weer!!!

alida ·

Inderdaad is daar SAPD lede wat werklik hulle staal wys en die amp verdien. Daar is egter baie van hulle wat oorgewig is en duidelik nie fiks is nie. As jy by enige lugdiens aansoek doen vir lugwaardin MOET jy ‘n sekere gewig he. Die feit dat die verpleegsters nou betoog oor wit uniforms is belaglik. Elke instansie het sy eie drag en die amptenare moet dit aanvaar of hulle van die styl en/of kleur hou is nie ter sprake nie. Wit is in elk geval baie meer higienies, lyk professioneel en ‘n kleur wat pas by gesondheidsorg. Wat wil die mense he? ‘n Beroep of aangaan met hulle bog en betogings. Die wereld het mal geword. Jaag die betogers weg daar is in elk geval 1000’e wat enigiets sal doen om iets in die lewe te bereik. Daardie selfde spul sal mos dan staak al le die pasiente in die hoësorg afdeling. Wys hulle weg en kry ander hulle het klaar gewys hoe onbetroubaar hulle is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.