Man naby Sandton-laerskool doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagmiddag naby Laerskool Rivonia in Sandton, Gauteng, doodgeskiet.

“Die man is net ná 12:00 in Wesselweg naby 12de straat doodgeskiet,” het kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie, gesê. “Volgens ooggetuies was daar drie verdagtes. Die motief vir die moord word nog ondersoek.”

Die man was glo in sy motor toe hy geskiet is. Die drie verdagtes het in die teenoorgestelde rigting gery toe hulle hom geskiet het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Cloete gesê. “Geen ander beserings is aangemeld nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.”

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy het egter op die toneel aan sy beserings beswyk. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.