Man neem glo eie lewe in salon

Argieffoto: Nico Strydom

Die Lyttelton-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man, in sy vroeë 40’s, Woensdag glo homself in ʼn gewilde skoonheidsalon, Bio Sculpture, in Centurion doodgeskiet het.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die Lyttelton-polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:00 by ʼn salon in die Jean Village-winkelsentrum plaasgevind voor die onderneming vir sake oopgemaak het.

“Die presiese omstandighede en oorsaak rakende die voorval is nog onbekend en word ondersoek. Dit is nie duidelik of daar tydens die voorval iemand anders in die salon was nie en geen briewe is op die toneel gevind nie. Die man mag moontlik iemand wat daar werk geken het,” het Miller gesê.

Louise van Rensburg, eienaar van die salon, wou nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

“Ons moet die mense wat daarby betrokke is respekteer en wil glad nie kommentaar lewer nie,” het sy gesê.

Die polisie kan nog nie die man se identiteit bekend maak nie aangesien dit nog nie duidelik is of al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

A ·

Hoe het hy dan ingekom as hy nie ‘n werknember was nie? Die berig sê hy was in die salon en dat dit voor besigheidsure gebeur het? Het hy ingebreek?

Kwikkie ·

mmmm ek dink hy moes dan iemand geken het wat daar gewerk het, die dat hulle se hulle moet die mense respekteer wie daarby betrokke is.

Selma ·

Moonlik n vriend of eggenoot van iemand wat daar gewerk het, dalk het hy die persoon wat daar gewerk het se sleutels gehad, op so manier ingekom. Moontlik n geval van huismoles of verhoudings probleme, selfmoord daar gepleeg dat die persoon wat daar werk aan view hy verbind was elke dag by die werk daaraan moet herriner word dis waar die persoon gesterf het….

E.K. die eerste ·

Dis net erg dat so baie mense so moedeloos raak deesdae en dis hoofsaaklik vanweë dinge in ons land. Mense raak moedverlore en as daar dan persoonlike probleme ook is of ander dinge wat krap kan dit soms voel asof alles net te veel wees. Laat mens maar ophou bespiegel oor hoe hy ingekom het dit sal tog sekerlik uitkom. Feit is dit bly baie hartseer vir die wat agterbly en mens hoop hul vind vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.