Man neem vermoedelik eie lewe op Kersdag

Argieffoto

ʼn Middeljarige man van KwaZulu-Natal het klaarblyklik sy eie lewe op Kersdag geneem.

Die man (43) se liggaam is in die woonkamer van sy huis in Hilltop gevind, waar dit aan ʼn tou van ʼn balk in die dak gehang het.

Volgens lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het ʼn vriend onraad gemerk toe hy verby die huis gestap het. “Sy vriend het die sekerheidshek oopgedwing, die huis binnegaan en die tou om die oorledene se nek losgeknoop,” het Rusa gesê.

“Die vriend het lede van Rusa vanuit bure se huis ontbied. Met ons lede se aankoms by die huis het hulle die oorledene teen ʼn bank in die sitkamer aangetref. Hy het geen teken van lewe getoon nie en is deur paramedici dood verklaar.”

Volgens die reaksie-eenheid is dit nie seker presies wat aanleiding tot die voorval gegee het nie, maar geen vuilspel word in dié stadium vermoed nie.

Die polisie het wel ʼn nadoodse ondersoek van stapel gestuur.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.