Man nié dood ná aanranding by kuierplek

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

ʼn Jong man wat Vrydagaand by ʼn nagklub in Brits in Noordwes aangerand is, is nie dood soos wat wyd in die gemeenskap bespiegel word nie.

Kyle Coertzer, mede-eienaar van die Legends-kuierplek, het Maandag aan Maroela Media gesê hy is bewus van die bakleiery wat Vrydag omstreeks middernag uitgebreek het.

“Twee broers, een is 19 en die ander in sy 20’s, het glo moeilikheid met twee anders broers, in hul 20’s, begin soek. Die beweerde moeilikheidmakers is gereelde besoekers by die kroeg, en die ander broers is nie. Die twee moeilikheidmakers het die ander broers glo daarvan beskuldig dat hulle na hul meisies kyk.”

Coertzer het gesê ʼn geveg het in die kuierplek uitgebreek, waarna die uitsmyters hulle uitmekaar gedryf en na buite geneem het.

“Soos wat ek verstaan, het hulle daar verder baklei en is albei partye toe met hul eie vervoer daar weg.”

Gerugte het Saterdag die ronde begin doen dat een van die broers wat deur die moeilikheidmakers geslaan is, in ʼn hospitaal aan breinbeserings dood is. Die oorsprong van die gerugte is nie bekend nie.

Coertzer en sy ouers, wat die mede-eienaars is, het Saterdag dadelik na die Brits-polisiestasie gegaan, maar die polisie kon nie die sterfgeval bevestig nie en was nie bewus van so ʼn voorval nie. “Dit was vir ons moeilik om vas te stel wie die broers is, aangesien hulle nie gereelde besoekers was nie.”

Coertzer en sy ma het by hospitale in die omgewing begin navraag doen en kon Maandag een van die broers, wat verkies om anoniem te bly, in die staatshospitaal opspoor.

“Ons kan bevestig hy lewe. Ons het hom gaan besoek en hy het ʼn erge besering aan een van sy oë opgedoen. Sy broer is reeds na die staatshospitaal in Ga-Rankuwa oorgeplaas met ʼn gebreekte neus.”

Coertzer het gesê die twee broers wat glo die onderonsie begin het, het vroeër ook al moeilikheid by die kuierplek gemaak. Dié twee broers is nou permanent uit die kuierplek verban.

“Die veiligheid van ons gaste is vir ons uiters belangrik. Ons bestee duisende rande om uitsmyters te huur om die mense veilig te hou en seker te maak mense onder die ouderdom van 18 kom nie die perseel binne nie. Vrydagaand was daar drie uitsmyters aan diens wat dadelik tussenbeide getree het toe die moeilikheid begin het. As so iets gebeur, is dit altyd onaangenaam en vandat ons die plek sowat ʼn jaar en half terug van die vorige eienaars oorgekoop het, was daar net een soortgelyke voorval waar ek self gedreig is. Ons is net baie dankbaar dat die gerugte onwaar is en dat die slagoffer nie dood is nie.”

Coertzer het gesê hulle sal die slagoffers bystaan om sake van aanranding teen die broers aanhangig te maak.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die Brits-polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat niemand dood is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Voorlaaier ·

Alweer Brits?……….Mense julle plek is verrot!!…

Karma ·

Ja-nee …… Kyk, die manne wat so STERK raak as hulle ‘n paar doppe in hul agterente het ….. :-)))

Asjas ·

Ag nee MM!! Julle nie so berig plaas en die BELANGRIKSTE inligting uitlaat nie. Waar is die foto van die meisies waaroor die mans so baklei en bereid is om hul lewens te verwoes??

Dienie lubbe ·

Die slagoffer het n ander ou op die grond vas gepen en geslaan toe help die ander 2 broers hom die slagoffers moet dink voor hulle sake maak

Belbe ·

Brits is nie die probleem nie, ek bly in Brits die twee moeilikheidmakers is die probleem.

Dit is nie die eerste keer wat hulle mense aanrand nie – wens net mense wat al deur hulle aangerand was het al sake teen die twee gemaak dan sal hulle nie elke keer daarmee weg kom nie. Om hulle te verband is nie goed genoeg nie – hulle gaan dit net weer by die volgende kuier plek doen – dit is die tipe mens wat hulle is.

Die twee het ‘n reputasie en is alom bekend daarvoor om moeilikheid te soek, eintlik is hulle “slapgat” – wag tot mense gekuier is en dan wil hulle baklei.

Eendag is eendag dan gaan hulle die verkeerde persoon aanvat – die wiel draai.

feite ·

Dink jy moet eers jou feite agter mekaar kry as jy sikke dinge wil kom sê.
Ek ken altwee die ouens en hulle soek nie vir moeilkheid in kuierplekke nie. Inteendeel was dit nie eers hulle wat baklei het in die eerste plek nie maar het n vriend gehelp wat gepak was deur ander ouens omdat HULLE te slapgat is om aleen n probleem uit te sorteer soos n man.

Ek in my lewe nog nooit gesien dat hulle iemand net aanrand nie, as daar n bakleiery was van tevore was daar nog altyd n baie goeie rede.

Soja, moet nie kom beskuldigings maak van goed waarvan jy niks af weet en nie jou feite agter mekaar het nie.

Janine ·

feite: Die eienaars van die plek het dan self gesê die twee broers is moeilikheidmakers. Terloops; daar is geen aanvaarbare rede vir enige een om soos ‘n onopgevoede BARBAAR vuis te slaan nie. Dis net erg kommin.

BRITSIE ·

EK BLY IN BRITS , KAN SE JULLE LAAT ONDER 18 TOE!!!
Brits is voor in die nuus met als deesdae , hier is meer mans wat saam ander vrouens rondloop en vrouens julle is nie so onskuldig nie…dis egter iets om oor skaam te wees as jy die oorsaak is van n huwelik wat vergaan…wens mens kon name en shame hier in Brits bill board opsit en hulle foto’s…dink party se wedehelfde weet nie eens nie…
dan is dit vriendinne ….ja nee so kinders wat bolle rol…dit begin by die voorbeeld…en dis wa Brits se problem in kom…die ouers suip soos visse en looprond..
hier is nie veel meer om te se nie….
die meisie kan ek jou belowe is tien teen een ook maar los en het geflirt…
Brits is nie meer wat hy was nie..dis hartseer …

sjoe sleg!! ·

was die olifante wat so mishandel was nie ook brits nie, en die eende wat so geforcefeed was? en die ander familie waar ouma en oupa en ma en pa almal in die filmbedryf was en al die porn movies gemaak het avn die kinders? alles in brits? son brand die lot se breine vrot?

snoefie ·

gewoonlik word hulle “uitgesmyt” om daar eerder te baklei tot vermaak van die besoekers wat twee uit drie videos gemaak het. dienie as een mens n ander vasoen en n derde en vierde kom hand by sit, is drie en hier beslis nie onskuldig nie.

Adri ·

Ek is bevrees ek verstaan die meeste van die plasings tot dusver nie. Skryf asseblief netjiese volsinne en lees jou skryfsel oor voordat jy dit plaas.

miemie ·

my niggie seun is jare gelede deur n uitsmyter en die uitsmyter se vrou so aangerand in Carletonville dat hy in hospitaal dood is hul het hom bly skop teen sy kop saak is in hof teruggetrek nie genoeg getuies nie my niggie huil vandag nog oor haar pragtige seun dit was haar enigste seun ook

Fanie Erasmus ·

Tipiese gedrag as sulke ouens gekuier raak “jy kyk na my meisie”… regtig waar… het lankal nie meer tyd vir sulke gedrag nie dis hoekom as ek kuier kuier ek eerder by pêlle of braai by jou eie huis.

Regterbal ·

Brandewyn het nie brieke nie. Sulke kuierplekke is ñ euwel.

DS ·

Stem 100% saam jou Fanie. Kuier eerder by die huis want vandag het mense geen selfbeheersing nie – nie met hoeveel hulle drink of hulle humeure nie.

Theresa ·

Sal dit nie ‘n bietjie help om die kroegman/-vrou die mag te gee om aan ‘n person wat bly weglê verdure aankope te weier nie? Dit mag dalk baie help om ook nie op die pad iets te gaan aanvang waarvoor hul toegesluit kan word nie.

Paplepel ·

Daar was vroeër ‘n paar sulke plekke in Pretoria. Jy het net soontoe gegaan as jy lus was vir baklei. Dit het gewoonlik begin met “Kyk jy vir my meisie?” As jy nee sê is die antwoord “O, so sy is nie goed genoeg om na te kyk nie?” en dan klap die vuiste. Stem saam met Fanie, kuier by jou pêlle of by die huis.

WW ·

Ha ha ha! Daar was baie sulke plekke, waar jy “betaal om in te gaan en baklei om uit te kom”.

Geesie ·

Is die Legends kuierplek nie in Harties nie

Is die Legends kuierplek nie in Harties nie

Sannie ·

Ja, maar daar is twee Legends kuierplekke, een in Brits en een in Hartbeespoort.

Cheryl ·

Aai Aai MENSE GROOT MENSE word tog groot asb… Om te wil vuiste slaan oor n meisie is Al so kinderagtig en ou nuus.. As jy ha in n glas kas wil hé, hou tog jou “princes” by jou huis Dan kan niemand vir ha ogies maak nie. Dis al lank al nie meer “cool” om vuiste te slaan oor ñ meisie nie!!! Moeilikheid makkers WORD GROOT!! ‘!

Deon ·

As ek en die vrou n naweek alleen is, is dit nog altyd lekker om daar te gaan sit. Hulle maak n lekker en goed koop pub lunch. Maar ons is al uit teen nege uur gewoonlik.

Goeie Britsie ·

Aan Voorlaaier, moenie Brits slegsê as jy nie die mense ken nie. Net omdat sekere onopgevoede jong klomp nie hulleself kan gedra nie en niks goeds het hom hulle self mee besig te hou nie nou word daar gesê Brits is verrot! Kry jou feite reg voor jy enige beledigings gooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.