Man nié weer aangestel ná hy k-woord gebruik

Argieffoto

Argieffoto

Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ʼn voormalige werknemer, wat sy baas by die SAID die k-woord toegesnou het, nie weer hoef aan te stel nie.

Jacobus Johannes Kruger is in 2007 dissiplinêr verhoor nadat hy sy lynhoof, Amos Mboweni, die k-woord toegevoeg het. Kruger is aanvanklik vir tien dae sonder betaling geskors en ʼn finale waarskuwing gegee, maar die SAID het besluit om hom summier af te dank.

Kruger het hom na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gewend waar hy sy saak gewen het. Die SAID het sy appèl in die arbeidshof teen die KVBA se beslissing verloor, waarna die inkomstediens hom tot die konstitusionele hof gewend het.

Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dit is onredelik om die SAID te beveel om Kruger weer aan te stel en dat Kruger gevolglik ses maande se salaris betaal moet word.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het in reaksie op die konstitusionele hof se bevinding gesê die SAID sien die uitspraak as ʼn oorwinning in die stryd om ʼn nie-rassige samelewing te skep. “Die SAID as ʼn organisasie is toegewyd om ʼn transformerende kultuur te bou wat sal bydra tot ʼn nie-rassige Suid-Afrika. Dit is daarom dat die SAID hierdie saak tot in die konstitusionele hof beveg het,” het Memela gesê.

“Die SAID het nog altyd die siening gehandhaaf dat rassisme die kern van die SAID se mandaat, sy waardebepaling en waardestelsels ondermyn. Daarom sal die SAID nie sulke gedrag duld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nick Liebenberg ·

Gaan dieselfde reels geld vir Julius Malema in die hof?

danie ·

Julius Malema werk nie vir SAID nie, so dit tel nie, maar dit staan jou vry om n saak teen hom te le in jou privaat hoedanigheid. Ons kostitusie maak voorsienning daar voor

m ·

Dieselfde reels geld glad nie vir hulle nie. Dis wat alles so belaglik maak. Dit maak mens naar!!!

zoom zoom ·

Hoekom is dit reg as hulle ons name toesnou. Dan gebeur daar niks met hulle. Regstelsel is nie konsekwent nie.

Jaco ·

Gaan die konstitusionele hof nou ook regstellende aksie wat teen wit mense EN kleurlinge EN Indiërs diskrimeneer, ongrondwetlik verklaar? Dit maak tog die werkplek suiwer swart en beslis nie “nie-rassig” nie…

Uvonka ·

Weereens ‘n geval van selektiewe vervolging……………………

Leonie ·

Ag asseblief!!! Is hulle nou so verhewe bo die res van die mens wat die Here geskape het??? Hulle tart mens aspris maar hulle mag jou noem net wat hulle wil en ons moet maar stilbly!!! Geen wonder SARS val uitmekaar uit deesdae nie.

Nici ·

En Malema se dreigemente van gister dat die wittes uitgeroei gaan word is aanvaarbaar …. selektiewe rassisme en diskriminasie is aan die orde van die dag … al hoe meer sien ek ñ burger oorlog aan die broei.

Lizanda ·

Maar as n wit mens ‘n mutasie genoem word, dan word hy geluk gewens!!! Die mense maak my siek.

danie ·

Weereens staan dit julle vry om n saak te gaan le teen enige iemand wat julle voel jul veronreg het. Dit is te danke aan ons wonderlike konstitusie.

Jean ·

Ja ja hoor in SA is die k woord ‘n groter sonde as moord en kinderverkragting. Tog word die “kill the boer” en “kill all white people with my bazooka” nerens deur die howe veroordeel nie. So DANIE, al staan dit ons vry om te gaan kla, daar word NIKS aan gedoen nie, al kla ons! Waar is die konstitisionele hof dan? Hoekom is daardie mense nie eers uit die Universiteit geskors nie. Die probleem is die vervolging word net eensydig gedoen. Studente wat hulleself pers verf word geskors, studente wat universiteite uitbrand en skreeu “kill all whites” word niks aangedoen nie. Wat van Malema met “wittes moet onthou hulle mag GEEN land in SA besit nie” , “ons gaan hulle nie nou slag nie, maar wel later” !! Hoe onregverdig is die sisteem? SAID is nou nie eintlik ‘n voorbeeld om te noem van ‘n instansie om op TROTS te wees nie, dalk nie-rassig (na eenkant toe) maar beslis baie onbekwaam.

Burger ·

Geen wet kan rassisme/haatspraak stop nie. Hierdie strawwe is absurd .

Rassisme is in jou gees .

Cacophony ·

Ontmoet Jan. Jan het sy baas die K woord genoem. Hy is afgedank.
Ontmoet Gwede. Gwede het sy baas white trash genoem. Hy is afgedank.
As Gwede of Jan vir jou gewerk het sou jy hulle steeds in diens hou?
BOTTOM LINE AS JY JOU BAAS SLEGSÊ BY DIE WERK GAAN JY AFGEDANK WORD! HOU OP VERSKONINGS SOEK VIR SLEGTE GEDRAG EN DAN ALTYD WEG TE KRUIP AGTER RAS!

Basjan ·

Twee keer gestraf vir dieselle oortreding? Nou verstaan ek gladnie.
Kyk mens na Mongoeng Mongoeng se uitspraak maak dit nog minder sin. “Swart mense mag nie gesien word as onbevoeg om leiersposisies te beklee en swak bestuurders te wees nie”.
Wat dan van Zuma en Mantashe se uitlatings oor die Kapingsverslag?

Jan ·

Nou waar kom die persepsie vandaan dat hulle onbevoeg is? Sit skouer aan die wiel, bewys die persepsie verkeerd, wetgewing gaan dit nie regstel nie. BEE het niks gehelp nie.

Janneman ·

Ek verstaan nou nie so lekker nie. Se die hof nou Mr Mboweni is n kleurling?

Wat nou? ·

Ja Karnivoor, sou ek nou sê dat ek nie langer die gekef van die keffertjie kan uitstaan van die buurman dan kan ek dalk in die hof draai. Wat nou?

Jan ·

Vra ek ook, en die A woord, en die B woord, en die T woord, buiten as ‘n witte dit van ‘n ander een sê.

Voorlaaier ·

En toe voorlaaier verlede week se ons regstelsel is i totale bespotting, wou elke regverteenwoordiger wat die forum lees my met klippe gooi!!
Di manne was naar vir my!!

snoefie ·

sandale memela . N NIE RASSIGE SUID AFRIKA beteken julle moet optree teen swart mense wie se blankes moet met pangas opgekap word. of blanke babas is net goed as bemesting vir swart mense se tuine. of blankes moet skoolfonds en universiteite gelde betaal maar swartes MOET verniet geskool word. verder as die k woord so n groot onheil is,hoekom is die b woord aanvaarbaar? self verkieslik as na blankes versus word? julle moet asseblief die betekenis van DEMOKRASIE opsoek en terms soos NIE RASSIG ignoreer. julle (leiers van die land aan elke front) gebruik graag woorde waarvan julle nie die betekenis ken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.