Man nie welkom by kind se skool ná rassistiese video

Adam Catzavelos. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Adam Catzavelos, die man wat afgedank is nadat hy neerhalende opmerkings oor swart mense op ʼn video gemaak het terwyl hy met vakansie was, is deur die spogskool  in Johannesburg waar sy seuns skoolgaan, verbied om die skoolterrein te betree.

Die ouers van die skool het Woensdagmiddag ʼn brief van die voorsitter van die skoolraad ontvang dat “een van die ouers” in kennis gestel is dat hy tot verdere kennisgewing nie meer welkom is op die perseel nie weens sy onlangse gedrag op sosiale media. “Dié stappe is gedoen in die beste belange van sy seuns asook alle ander kinders by die skool,” lui die verklaring.

Die skool het gesê weens die optrede van die pa is sy seuns en ander lede van sy gesin blootgestel aan negatiewe publisiteit.

Die skool het dit onomwonde gestel dat hulle alle vorme van rassisme ten sterkste veroordeel en verwerp. “Daar word van alle lede van die skoolgemeenskap, onder wie die ouers, verwag om op ʼn manier op te tree wat in ooreenstemming is met die etos en waardes van ons skool en die Grondwet om te verseker dat ons as goeie voorbeeld vir ons kinders dien.”

Catzavelos is intussen ook deur die DA-Jeug by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) verkla. Dikeledi Selowa, woordvoerder vir die DA-Jeug, het gesê die party veroordeel die “walglike rassistiese video” wat aan die lig gekom het ten sterkste.

Maroela Media het vroeër berig op die video, wat wyd op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe Catzavelos op ʼn strand stap terwyl hy met die kamera praat. Volgens Selowa is die video in Griekeland geneem.

Catzavelos neem homself vermoedelik met sy selfoon af en sê: “Ek gaan nou vir jou ʼn weervoorspelling gee: blou lug, pragtige baaie, ongelooflike see, en nie een k****r in sig nie. F****n hemel op aarde. Jy kan dit nie klop nie – jy kán dit nie klop nie.”

“Die gebruik van dié woord is nie net rassisties nie, maar dis ook walglik dat ʼn Suid-Afrikaner wat die verreikende aard van die term besef, dit sal sê en dan met die wêreld op sosiale media deel,” het Selowa gesê.

Selowa het gesê hulle vertrou dat die MRK die kwessie sal ondersoek en Catzavelos verantwoordbaar hou vir sy uitlatings. “Hy het die waardigheid en menseregte van alle Suid-Afrikaners beledig en dit is mense soos Catzavelos wat ons samelewing wil verdeel en wat aangespreek moet word.”

Die DA-Jeug meen Catzavelos en ander wat sy sienings deel, het geen plek in ʼn verenigde Suid-Afrika nie.

Intussen het die restaurant-kettinggroep Braza gesê die opmerkings het Woensdagoggend onder hul aandag gekom.

Andy Papaspyrou, direkteur van Braza, het gesê Braza sal verseker dat hul restaurante, Braza Emperor’s Palace en Braza Silver Lakes, alle sakeverhoudinge met St. George’s Fine Foods met onmiddellike inwerkingtreding staak.

Catzavelos was die bemarkingsbestuurder van St. George’s Fine Foods. Nic Catzavelos, Adam se broer, het Woensdagoggend namens die Catzavelos-familie en St. George’s Fine Foods ʼn verklaring uitgereik waarin hulle bevestig Adam is met onmiddellike inwerkingtreding afgedank. “Die familie van Adam Catzavelos is gewalg deur die betrokke video. Dit is gruwelik en ons distansieer ons van die sienings wat verwoord is. Ons verwerp rassisme in enige vorm,” lui die verklaring.

Die verklaring stel dit verder dat Adam se minderheidsaandeel so gou dit prakties moontlik is van hom ontneem sal word.

“Ons distansieer ons van dié opmerkings en het aan St. George’s Fine Foods gekommunikeer dat ons nie langer enigsins sake met hulle gaan doen nie en ook nie met enige entiteit wat op enige manier met Adam Catzavelos verbind is nie,” het Papaspyrou gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ook op die omstrede video gereageer. Volgens Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, moet alle vorme van rassisme veroordeel word, waaronder dié video.

Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die growwe inkonsekwente veroordeling van rassisme deur meningsvormers in Suid-Afrika. “AfriForum het reeds 115 strafregtelike klagte ingedien teen mense wat moord en selfs volksmoord teen minderheidsgroepe aanhits. Dit is kommerwekkend dat wanneer daar ʼn wekroep vir geweld teen minderheidsgroepe gemaak word, dit byna geen aandag in hoofstroommedia kry nie. Wanneer ʼn wit mens egter iets aanstootliks oor swart mense sê, word dit gereeld tot ʼn nasionale krisis verhef.”

Die EFF het ook Woensdag ʼn klag teen Catzavelos by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Dit is pateties ·

REGTIG BELAGLIK, het julle MALEMA ook VERBIED om by sy kinders se PRIVAATSKOLE op te daag nadat hy die SLAGTING van blankes aangekondig het ?? SJOE Julle is darem pateties. WAT het die skool nou daarmee te doen as ‘n pa sy kinders kom haal? Wie is julle om hom te verbied? Op grond van WATTER WET???

Jack Klok ·

“Wie is julle om hom te verbied? Op grond van watter wet?” Antwoord 1: Die self aangestelde bewakers van politieke korrektheid. Antwoord 2: Die selfgemaakte wet van politieke korrektheid.

Die narratief wat deur die linkse ANC gesinde pers en hulle meelopers gedryf word is genadeloos streng teen blankes en tot wlagens toe vergewensgesind teenoor swartes at hulle aan rassisme teenoor blankes skuldig maak.

Die dubbele standaarde is verstommend.

Willem ·

En Nike het hul deure toegemaak omdat hierdie ou die man van een van hul werknemers is. Julius het werklik ongelooflike invloed, geen wonder hy ag hom meer as die president nie. Ek dink hy verdien dit.

Karen van Zyl ·

Dankie julle, ek stem saam, dubbele standaarde, en van nou af wil ek nie meer ‘n “whitie” genoem word nie of met haatlike uitrukkings uitgekyk word nie, ek is dalk wit, maar ek is ‘n mens nes almal. Hy was beslis verkeerd en gaan ‘n duur les leer waar Malema aan die anderkant nou weer weg kom met alles

Andries Visagie ·

Kyk, die man se gedrag was totaal onvanpas, maar hier gaan ons alweer met dubbele standaarde. Word enigeen van die EFF of BLF deur hul werkgewers afgedank, deur hul kinders se skole die terreine belet, of aangekla van diskriminasie of haatspraak? Gaan enigiets gebeur met die hordes wat bejaarde boere nou met die dood dreig omdat hulle nie hulle grond net wil weggee nie? Ja-nee, onse ou piesangrepubliekie.

Belaglik ·

Ek mis die DA se aanklagtes sowel as die SKOLE se aanklagte en verbod op mnr OTTO se kinders se skool en op die dinge wat hy kwytgeraak het . EK MIS JULLE MENSE! Dis utterly belaglik. Weet julle wat ELKE ouer daar se POLITIEKE mening of siening is? HOEVEEL EFF ondersteuners het julle by die skool wat witmense lewendig gaan AFSLAG??

christa ·

gelukkig het ek n keuse met wie ek my vereenselwig. Rassisme is mou ‘n groter sonde as moord en verwoesting en diefstal. Wat ‘n grap.

Meneer ·

Die rasse-padda gaan nou weer getrap word tot hy bars. Hierdie ou was nie baie slim nie..

jannie ·

Dis belaglik….almal klim op die bandwagon…….arme ou maak een fout en se hoe lekker die son en see is….en hy word sterk veroordeel…..en hyt niemand aangerand nie……selfs moordenaars word beter behandel.

jankoos ·

Hy gaan seker nou voor n vuurpeloton geskiet word want die wat nou die hardste skree is die wat doodstil is wanneer malema en Andile beledigings uitdeel gemik op die minderhede in sa

ES ·

Eintlik skokkend dat die hy nie gedink het aan die gevolge wat dit vir hom en sy familie sou he voordat hy sulke uitlatings gemaak het nie. En dan deel hy dit op sosiale media! Afgesien van hoe onregverdig ons minderheidsgroepe hanteer word in die land, moet sulke uitlatings nooit gemaak word nie. Mense dink nie voordat hulke sulke dom dinge kwytraak nie.

willem Botha ·

Dit gaan nie help om in die openbaar te beledig en probeer om guns by die meerderheid te wen nie dit sal niks help as jou eiendom gekonfiskeer word oor die kleur van jou vel nie

NOU SIEK EN SAT HIERVOOR ·

Ag asseblief. Dis belaglik. Wat meer belaglik is, is al die besighede wat nie gou genoeg kan kruip nie. Dis mos nou juis julle wat moet volwassenheid kan wys!
En HOE is dit in sy kinders se belang dat hulle pa nie op die skoolgrond kan kom?
En HOEKOM word al die swart rassiste nie dieselfde behandel?
Dit is mos nou totaal onvanpas om so te oorreageer. En sy familie: ek hoop julle behandel almal in julle familie dieselfde vir elke liewe fout, baie bly julle is nie my familie.
Die ergste van alles is die belaglikhede gaan voort want ons laat dit toe.
(Hierdie mense moet ‘n ongelooflike lae selfbeeld he?)

Thinus Erasmus ·

Ja siek en sat, dit is so belaglik dat self ander besighede hul betrekkinge met die persoon se werkgewer nou verbreek, en tot sy vrou se werk word in gedrang gebring – dan word mense oor die Spur voorval verkwalik omdat hul Spur boikot oor eensydige rassistiese optrede!
Ek dink ook aan die Super Sport geval.
Ek sal graag wil sien hoe alle besighede en staatsdiens geboikot word waar korruptes, diewe, geweldenaars, verkragters en moordenaars werk. Maar dit gebeur glad nie – want “gewone” misdaad is mos alledaags en aanvaarbaar, jy moet net nie die ………..woord se nie!

Arno ·

Swak optrede van hom MAAR Malema en die oorgrote meerderheid swartes mag sê wat hulle wil, selfs haat, geweld en moord aanmoedig. Geen regter mans genoeg om hulle te straf nie. Dubbele standaarde aan die orde van die dag.

Hennie ·

die reaksie van sekere geledere is van so ‘n aard dat dit opsigself ook rassiesties is.

Arno ·

Dom van Adam MAAR Malema en die oorgrote meerderheid swartes mag sê wat hulle wil. Hulle mag haat, geweld en selfs moord aanpor en geen regter is mans genoeg om hulle te vonnis nie. Dubbele standaarde is aan die orde van die dag. DIT BEVORDER RASSISME.

2cents ·

Ai mense wanneer gaan julle leer om nie sulke goed op sosiale media te sit nie!

Frans C ·

Weereens ‘n bewys van dat jy moet sorg dat die wag voor jou mond niw AWOL gaan nie.

Snoeker ·

Ek kan nie sien hoe hy in Suid-Afrika strafregtelik vervolg kan word vir iets wat hy in Griekeland gedoen het nie. Ek sien groot jurisdiksionele probleme. Bowendien is dit daar nie eers ‘n misdaad nie…

Jurisdiksie ·

Ek dink Suid-Afrikaanse howe sal jurisdiksie hê, want publikasie het in Suid-Afrika op mense se rekenaars en selfone plaasgevind.

Pieter ·

Dit was dadelik my gedagte ook maar sien, is die misdaad die gebruik van die woord, of is dit die vernieling van die ander persoon se emosies?

Uit ‘n logiese oogpunt is sy daad nie strafbaar in SA nie. Hy het die daad gepleeg in die buiteland en daai regering kan hom daarvoor vervolg.
Wanneer ons egter praat van die oorgrote meerderheid van die Suid Afrikaners, dan gaan die misdaad vir hulle oor almal se gevoelens wat seergemaak is, en dan is hy deur en deur skuldig. Ek twyfel of ‘n regter hom mag straf, maar ek dink hy het sy straf weg met sy familie en vriende wat hom in die rug steek. Wat ek egter nie verstaan nie is hoe ‘n skool hom kan verbied om op die terrein te kom. Is dit nie appartheid van voor af nie? Noudat ons daar is, wil hulle nie sommer alle witmense en swartmense verskillende werksomgewings, skole, supermarkte, publieke vervoer en behuising gee nie? O wag, ek het vergeet: dit is presies wat die appartheidsregering probeer doen het.

TLC ·

Snoeker
Daai selfde vraag het by my opgekom Hy was nie op S.A. bodem nie? Maar nietemin nou het hy op meerderheid se tone of moet ek sê kleur getrap
Ek jammer vir sy familie maar sy broer wat hom ook nog in die rug steek aiai
As ek hy is verhuis ek dadelik na daai lieflike eiland ?

Boland ·

Hulle gaan so aan oor die k woord maar plaasmoorde haal nie eens meer die nuus nie.Ag nee regtig kyk net.

Kan dit nie klop nie ·

Die blou lug, pragtige baaie, ongelooflike mooi see, skoon wit sand….. jy kan dit nie klop nie. Dis beter daar. Regtig ja.

Dottie ·

Jyt ‘n baie dom ding gedoen & nou moet jou hele familie daaronder lei. Ek dink dis maar beter dat jy sommer maar bly daar waar jy is.

Johann cb ·

Dit is werklik jammer dat die ouer se optrede ‘n negatiewe uitwerking op sy kinders gaan hê!

Piet ·

Julle moet mooi hierna kyk. N swart man word deur duisende ander beskerm as hy dit doen maar as n wit man dit doen dan word hy deur duisende wittes uit gelewer. Dit is hkm jul dink dit is dubbele standaarde ?

Thinus Erasmus ·

Piet ja die mense wat jou sonder om oog te knip of te dink wat hulle doen, jou uitverkoop om so guns by die teenparty te verwerf! Die hele storie oor die oorbehepte en opgeblaasde rassisme ding herrinner my aan die brandstapels van die donker middeleeue waar enige Jan Rap en sy maat ‘n onskuldige van heksery of kettery beskuldig het, en dit tot die wreedste dood van duisende gely het!
Dit is so duidelik die nuwe gier om alles as rassime te brandmerk en dan saam met die massas baarbaars te raak oor een bloedlose en skadelose misstap.

mike ·

Ek stem saam met wat Piet sê maar gaan byvoeg dat die sensasie soekende media die grootste probleem is en soos Presedent Trump sê ons nr 1 vyand is vandag.Die “vrye afrikaanse media” is te bang om na n persoon as swart te verwys maar gaan voluit waneer n wit persoon fouteer en nog beter waneer n persoon van kleur ook nog betrokke is

Dissie ·

Mmmm….het julle al agtergekom dat nie een van die mense wat in die moeilikheid is oor uitlatings op sosiale media vir rassisme Afrikaners is nie…? Sê maar net…

JanB ·

En die word is ook nie ‘n Afrikaanse word nie. Kom uit Indie Gandi was lief vir die woord.
☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺

Willem ·

En Nike het hul deure toegemaak omdat hierdie ou die man van een van hul werknemers is.

Thinus Erasmus ·

Vaar wel Nike, julle gaan baie mense se geldjies mis, en die meerderheid van hulle was nie op daardie eiland nie!
Hahahahahahahahahahhaha

Michelle ·

Gesoek: mense met ruggraat, murg in die pype. Wat hulle man kan staan en nie net oorgee aan wanorde. Helaas…..

tamboti ·

Nike, Spur, Super Sport…… wie dink julle gaan die meeste skade lei?
Of soek Nike ‘n goeie verskoning om SA te verlaat??????

Jannie ·

Maar Malema, Magashule en die res van die Swart rassiste, is altyd oral welkom, ondanks hulle daaglikse tirades!!!

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam, hy het nie moord gepleeg nie maar siestog die ou woordjie is al so hol rug gery. Dis so siek hierdie dubbel standaarde. As iemand in die buiteland die woord sê gaan die eff en ander hulle verkla. Die buiteland gaan vir hulle lag.

Harry ·

Hier is ‘n eerlike ou wat sy opregte eerlike gevoelens eksplesiet gedeel het – ek wonder hoeveel van ons sou presies dieselfde gevoel het, maar dit net nie met almal gedeel het nie? Twee naweke gelede, terwyl ek met my fiets Kaapstad se Roelandstraat kruis, skreeu voetgangers vanaf die sypaadjie: “Hey you white man – we see you – you don’t belong here – we will kill you!” Wat dink hulle – hoe moet ons miskien voel? Wat die hart van vol is, loop die mond van oor, maar as jy wit is mag jy dit net saggies fluister…

Christo ·

Ek kan sy frustrasie verstaan ,maar moes dit eerder vir homself gehou het.
Die manier hoe ons wittes nou behandel word in die land wat ons gebou het met al sy infrastrukture .Baie hart verskeurend hoe hierdie pragtige land verkrummel dag by dag.Ons is besig om n wettelose land te word sonder enige toekoms dit is baie duidelik.En baie jammer dat ons kinders elders n toekoms moet soek.
Hartseer Griekse /Suid Afrikaner

anti DA ·

Die DA het weereens bewys met hulle onpartydige houding waar hulle lojaliteit lê en ek beskou elke persoon in die minderheids groepe wat weer vir hulle stem as oningelig oor wat demokrasieë beteken

Bollie ·

Ek wil net weet WAT HET DIE SKOOL DAARMEE TE DOEN? Weet hulle wat elke ouer se politieke siening is en watter skoon rekord/al dan nie elke ouer het? Steeds word swart rassiste nie vervolg nie. Afriforum het al meer as 110 sake aangegee en NIKS is nog aandag aan geskenk nie .. maar Sparrow en Momberg se saak is tjop tjop afgehandel, ook Hart s’n .. niemand tree op teen Otto of teen Malema en ander EFF rassiste nie . hoe gelyk is die speelveld?

Annamarie Olivier ·

Kinderagtig!!!, Suid Afrika is in sy duiwel maar hulle gaan tekere en mors energie op nonsens. Mense doen soms goed wat nie reg is nie dit is menslik.
Kom oor julle self en begin om die land reg te ruk.

Hermien Pienaar ·

Hoeveel liggeraakte mense leef in Suid-Afrika? Rassisme is verkeerd, maar woorde is ook soms net woorde. Wat het geword van vryheid van spraak? Beteken dit dat vryheid van spraak net eensydig gebruik mag word deesdae en soms regtig in gruwelike terme? Adam is Grieks, wat my laat wonder of hy regtig die impak van sekere Afrikaanse woorde besef? Gee hom die voordeel van die twyfel!

bgj van der westhuizen ·

at ek graag wil weet as hy n oorsee dit gese het op n cel foon hoe wettig is dit dat n klag hier kan ingedien word teen hom hy was nie in suid afrika nie die klag moet mos in gedien word in die land waar hy die oor treding plaas gevind het nog word dit n groot saak van gemaak maar die plaas moorde word niks van gese en ander misdaat

Carlien ·

EFF het dubbel standaarde!!!!!! Waar is die ophef teen Julias oor al sy haatspraak teen blankes????? Ag nee regtig hierdie hele ding word nou uit verband uitgeruk!!!!!!

SjN ·

Pragtige wit strand met skoon blou see soos gesien kan word op die video, hy moes net dit aan die kykers beskryf wat hy sien.

Skuus ·

Ag asseblief! As jy n karakter gebore is sal jy n karakter bly. Eerlik op die stadium wil ek eerder n karakter wees want weet julle dit sal so lekker wees om altyd ander te blameer. Ek wens die karakters wil eerder hulself oplig en opstaan uit die modder en stop om te kyk of ander nie in die modder is of hul verantwoordelik hou omdat hul in die modder is nie. Eerlik ………asb staan op en bewys julself want dalk dan sal ander vir jul ook respek he en sal julle meer menswaardig voel.

Stomgeslaan ·

Ek dink hierdie storie en woord word heeltemal holrug gery. Dis ‘n woord. ‘n Stupid woord. As mens ‘n klip soek om te gooi gaan ‘n stuk spons seker ook werk.

Annelize ·

Ek hoop nou mense kan besef, en nou praat ek van mense oor alle kleurgrense in hierdie land, dat rassisme nie ‘n eksklusief “wit Afrikaner op swart” probleem is nie. Jy kry rassiste onder ALLE bevolkingsgroepe, maar dit word vir gerieflikheidsonthalwe voorgehou as SLEGS ‘n wit Afrikaner teen swart tendens, en dubbel standaarde geld. Dis die EINTLIKE probleme met rassisme, dat mense wysgemaak word dat dit SLEGS wit teen swart is, en dubbelstandaarde geld.

Die man moet sy kop laat lees. Bly hy onder ‘n klip dat hy nie weet wat in hierdie land aangaan nie, en dan kom gooi hy nog verdere petrol op die vuur met sy gedrag, maak die lewe vir ons ander NOG moeiliker, en op die koop toe, word sy vrou en kinders ook slagoffers van sy idiotiese optrede. Hy het sy eie keel tot teen sy nekwerwels afgesny.

Hy moet maar vat wat na hom toe kom, MAAR, ek sal graag wil sien dat dieselfde geld vir politieke leiers wat hulle aanhangers onbeskaamd en vreesloos aanmoedig en aanhits tot blanke uitroeiing. So ook doodgewone mense wat op sosiale media ander aanpor om die wapen op te neem teen blankes.

En alhoewel die weer vandag mooiweer en warm is, wil ek net dankie se vir Adam dat hy die lewe net NOG warmer en NOG moeiliker vir ons blanke Suid-Afrikaners gemaak het, die rooi kruise op ons rue het hy net NOG groter en NOG rooier gemaak.

THANKS BOET, YOU DID A STELLAR JOB!

Rolene ·

Die man het duidelik nie waardes nie. Dis sieklik.. Mens daal nie so vlak nie.

Annamarie Olivier ·

Adam what happens in Greece must stay in Greece.

Lappies ·

Hierdie knaap moes maar eerder ‘n AK uitgehaal het en in die lug geskiet het!
Sou defnitief minder probleme gehad het even al was hy in Griekeland of waar ookal hy was. Almal op die blackwagon, ek bedoel die bandwagon gaan hierdie outjie trap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.