Man nog skoonveld ná Kameeldrift-aanval

Wayne Farrell word gesoek vir moord en poging tot moord (Foto: Mike Bolhuis)

Daar is nog geen teken van die man glo wat saam met ’n vrou ʼn 47-jarige inwoner van Kameeldrift-Wes, Pretoria, op sy kleinhoewe aangerand het nie. Die man en vrou was glo in ’n verhouding.

Die vrou is intussen al in hegtenis geneem en haar borgtogaansoek is verlede week van die hand gewys.

Private speurder Mike Bolhuis is nou aangestel om te help om die man, geïdentifiseer as Wayne Farrell, vas te trek.

“Ons ondersoekspan het ’n goeie samewerkingsooreenkoms met die polisie en hulle het in hierdie geval ons ondersoekspan in Pretoria genader om Farrell te help opspoor. Ons het informante, affiliale en infrastruktuur landswyd om te help met die soektog,” het Bolhuis gesê.

Maroela Media het vroeër berig die inwoner het die paartjie en hul hond op 11 Februarie uit die “goedheid van sy hart” by hom ingeneem.

Hulle het hom glo die volgende Donderdag (17 Februarie) erg aangerand, vasgebind en vir die dood agtergelaat. ʼn Familielid het eers twee dae later op hom afgekom. Hy was toe reeds erg gedehidreer.

Die inwoner se een werker is ook na bewering vermoor.

Enigiemand met meer inligting oor waar Farrell hom moontlik bevind, kan Bolhuis se ondersoekbeampte, Jan Roos, by 079 997 1132 skakel. Die ondersoekbeampte van die polisie, kapt. Martin Smit, kan ook by 081 524 5089 gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vossie ·

Dis juis wat mens nie moet voor val nie. Daar is nog mense om. Te vertrou maar mens moet Baie versigtig wees

Pietertjie ·

Mike moet net nie té vinnig praat nie. Kry maar eers die man..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.