Man onder motor vasgekeer toe vrou versneller trap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat sy been onder sy motor vasgekeer is by ʼn vulstasie in Vanderbijlpark in Gauteng.

“Omstanders het om die ligte motor by die vulstasie in Mcwellenweg gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man se been was tussen die wiel en modderskerm vasgekeer.”

Na bewering het die man se vrou glo die versneller getrap en die motor het onverwags vorentoe geruk en die man is vasgekeer.

Reddingsdienste moes meganiese toerusting gebruik om die man se been te bevry. Hy is na die Emfuleni Mediclinic geneem vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.