Man onder taxi gesleep

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Voetganger, vermoedelik in sy laat 40’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag ʼn paar meter ver onder ʼn taxi gesleep is op die R40 buite Riverside Mall in Nelspruit.

“Paramedici het net voor 14:00 by die toneel opgedaag,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man het veelvoudige beserings opgedoen. Hy is in ʼn kritieke toestand na Rob Ferreira-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Ooggetuies het aan paramedici op die toneel gesê die man wou die pad oorsteek toe die taxi hom getref en ʼn paar meter ver gesleep het. “Die taxi se voorruit was stukkend. Niemand in die taxi is beseer nie.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Pompies ·

Daar is voerganger sper reelings opgesit om die kruising van die R40 deur voetgangers te voorkom, maar soos dit tans is SA gaan is dit die gedrag van die person wat die uitkoms bepaal. Die padgebruiker gaan seker nou verder gestraf word deur die spoedgrens op die te verminder na 60km/h.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.