Man ondergaan ná byna 2 weke eers operasie vir gebreekte enkel

Martiens Boshoff (Foto: Verskaf)

Die verstandelike gestremde pasiënt wat sy enkel gebreek het en aanvanklik uit die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria ontslaan is sonder om ʼn operasie te ondergaan, is uiteindelik Dinsdag geopereer. Martiens Boshoff is Woensdagmiddag ontslaan en is oorstelp van vreugde om tuis te kan wees.

Boshoff se suster sê haar ouboet lyk en voel stukke beter. Sy been is tans in gips en hy drink medikasie teen pyn.

“Ons kon nie die dokter na die operasie in die hande kry dat hy terugvoer oor die operasie gee nie. My broer gaan die dokter weer oor twee weke sien, en dan sal ons hoor wat gaan vir wat,” het Boshoff se suster gesê.

Maroela Media het vroeër berig Boshoff het sy enkel op twee plekke gebreek toe hy geval het. Die wond het erg gebloei. Hy moes die aand van sy aankoms by die hospitaal in ʼn rolstoel slaap terwyl hy vir ʼn bed wag. Toe hy uiteindelik ʼn bed kry, is hy ʼn week later ontslaan, nog voor die operasie kon plaasvind.

Boshoff se suster sê hulle is verlig dat hul broer nou terug is by die huis en dat sy herstelproses kan begin. “Hierdie was een lang uitmergelende proses.”

Boshoff se familie het in ʼn stadium vir sy gesondheid gevrees en was bekommerd dat die been besig was om septies te raak. Omdat sy enkel sleg gebreek het moes hy eintlik dadelik die operasie ondergaan het, meen hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Scalla ·

Kan nie eens die bestaande strukture bestuur en beheer nie en wil dan nog karring met die NGV.

Moedeloos ·

Dankbaar dan hy uiteindelik gehelp is. Sterkte met die herstel proses

Kwikkie ·

…kommerwekkend as mens nou dink Steve Biko is een van die hospitale waar die Corona Virus behandel moet word………………………

Anel ·

Jammer om te sê, maar as jy wit is word jy as tiende klas burger gesien. Jy het geen regte nie. Hoop dit gaan gou beter en die gips steek nie iets weg nie. Sterkte.

charmaine ·

En dan wil hulle nou ook met invitro begin…genade daai eiers gaan die pad duister raak. Dit is nie die beste plek vir so groot stap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.