Man ondervra ná Wolseley-moord

Renée Jain. (Foto: Facebook/ FEDISA)

Die polisie in Wolseley in die Wes-Kaap het vandeesweek ʼn 39-jarige man vir ondervraging ingeneem in verband met die moord Renée Jain (51).

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die man is Maandag omstreeks 12:40 vir ondervraging ingeneem. Hy is Woensdag vrygelaat nadat hy nie met die moord verbind kon word nie.

“Die ondersoek duur intussen voort. Die speurders volg alle moontlike leidrade op om die skuldiges vas te trek,” sê Van Wyk.

Jain is op 26 Maart omstreeks 23:00 in haar huis op die De Vierde Liefde-landgoed in Wolseley deur drie aanvallers oorval en vermoor. Die aanvallers het na die voorval gevlug en is steeds soek.

Die polisie het nog geen inligting bekend gemaak oor hoe sy vermoor is nie.

Jain was die bestuurder van ondernemingstoepassing by Cape Union Mart.

Maroela Media het Jain se familie genader, maar hulle wil nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Surfer ·

Baie geheimsinnig, nie eers geweet hiervan nie. Snaakse een die, vertel nie hoe vermoor is nie.

JohanR ·

Lees iewers in ‘n moord begin jy soek by die naastes en van daar bry jy verder uit, Was due weer ‘n huur moord?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.