Man ondervra oor brand by UKZN

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Man word ondervra in verband met ʼn brandstigtingsvoorval by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die finansiesgebou op die kampus is Dinsdagoggend vroeg aan die brand gesteek. Die polisie was vinnig op die toneel. “ʼn Verdagte is ingeneem vir ondervraging en ons probeer nog vasstel of hy aan die voorval verbind kan word.”

De Beer het gesê die verdagte is nog nie aangekla of amptelik in hegtenis geneem nie. Volgens die universiteit is die man met kringtelevisiebeeldmateriaal in die omgewing geïdentifiseer.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het gesê die akademiese program word nie deur die voorval geraak nie. “Die brand was in ʼn kantoor in die finansiesgebou en het skade aangerig aan toerusting en dokumentasie.”

Polisiebeamptes van die Alexandra-polisiestasie is Dinsdag op die kampus ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.