Man ondervra oor Westbury-skietery

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is Woensdag deur die polisie vir ondervraging ingeneem in verband met die skietery in Westbury, in die weste van Johannesburg, waartydens die driejarige Luke Tibbetts in die kop geskiet is.

“Die 28-jarige man was ‘n klaer in die saak en verdere ondersoek het daartoe gelei dat ons hom vir ondervraging ingeneem het,” het ao. Gordon Billing, woordvoerder van die polisie, gesê.

Billing kon geen verdere besonderhede rakende die man bekend maak nie.

Lindray Khakhu (24) het Dinsdag in die Newlands-landdroshof verskyn en die saak is tot 12 Augustus uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Khakhu is in hegtenis geneem nadat hy glo uitgewys is as die persoon wat Tibbets geskiet het.

Tibbetts is intussen steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal en word deur masjiene aan die lewe gehou.

Die skietery het Saterdagaand op die hoek van Statler- en Croesusstraat plaasgevind.

Lees ook:
Man in hof oor Westbury-skietery
Driejarige steeds kritiek ná skietery
Driejarige kritiek ná Westbury-skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.