Man onherkenbaar vermink in Mpuma-ongeluk

Die ongelukstoneel op die pad na Bethal buite Middelburg in Mpumalanga (23 Desember 2014) Foto verskaf aan ER24

Die ongelukstoneel op die pad na Bethal buite Middelburg in Mpumalanga (23 Desember 2014) Foto verskaf aan ER24

ʼn Man is Dinsdag onherkenbaar vermink in ʼn ongeluk tussen ʼn motor en ʼn vragmotor op die pad na Bethal, ʼn paar kilometer buite Middelburg in Mpumalanga.

“Die man het in die bestuurdersitplek van die motor gesit,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het erge beserings opgedoen en kon slegs deur ʼn paar liggaamskenmerke as ʼn man uitgeken word.”

Die man is op die toneel dood verklaar. Die vragmotorbestuurder het nie beserings opgedoen nie.

Plaaslike owerhede ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joe64 ·

Daar is nie ‘n ander manier om daar so hard in ‘n trok vas te ry nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.