Man ontbied polisie oor fetus; 2de fetus uur later aangetref

Argieffoto: https://pixabay.com

Die polisie in Oos-Londen in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat twee fetusse Saterdag naby ʼn plaaslike skool in die Buffalo Flats-omgewing aangetref is.

AO Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, sê ʼn gemeenskapslid het Saterdagoggend die polisie na dié toneel ontbied nadat hy die eerste fetus aangetref het.

Die polisie het ná hul aankoms ʼn ondersoek van stapel gestuur.

Mqala sê die polisie was nog nie ʼn uur weg van die toneel nie, toe word ʼn tweede fetus in dieselfde omgewing aangetref.

“Dieselfde rolspelers is weer na die toneel ontbied,” sê sy.

Mqala sê op navraag van Maroela Media daar is nie in dié stadium meer inligting oor die voorval bekend nie. Albei fetusse is deur amptelike nooddiensspanne van die toneel verwyder.

Die geregtelike doodsondersoek sal eers afgehandel word voordat die polisie op opvolgstappe besluit. Indien daar leidrade is, sal ʼn saak van verberging van geboorte later ondersoek word.

Enigiemand met meer inligting word versoek om die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

M ·

Net te erg!
Seks voorligting……Voorkoming!! Abstanance before marriage….. deur Opvoeders; ouers !! Ons het n groot taak. Almal se verantwoordelikheid.

M ·

Dit help nie om kinders net van onthouding te leer nie. Hulle moet weet van alle voorbehoedmiddels wat beskikbaar is. Kennis is mag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.