Man ontsnap betyds uit brandende motor

Die bestuurder van die motor was steeds in die voertuig toe dit aan die brand geslaan het (Foto: Verskaf)

’n Man het Saterdagaand ’n noue ontkoming gehad toe hy net-net betyds uit sy brandende motor ontsnap het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het die man in Topazlaan in Kloofendal, Johannesburg, beheer oor sy motor verloor. Die motor het ’n paar keer gerol, waarna dit tot stilstand gekom en aan die brand geslaan het.

“Die bestuurder van die motor – en enigste insittende – was steeds in die voertuig toe dit aan die brand geslaan het,” bevestig Herbst.

“Die man kon daarin slaag om betyds uit die motor te ontsnap sonder om enige beserings op te doen.”

Die motor is heeltemal deur die vlamme verwoes.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie J ·

Al hoe meer berigte van motors wat aan die brand slaan na ongelukke. Ek glo iewers in die vervaardigingsketting is daar kaders wat hul oorsig rolle versaak.

pompies ·

Hennie nee ek glo nie dit is n kader wat nie sy werk doen nie maar eerder mense wat teveel luukshede in die motors wil he en daarom moet die motors groot elektriese stroombane in he en net daar le die probleem.

Swerwer ·

Wonder baie hoe ‘n motor sommer net aan die brand slaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.