Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n man wat Maandag uit wettige aanhouding by die Ermelo-landdroshof ontsnap het.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag in ‘n verklaring bevestig die 23-jarige Thokozani Malinga het omstreeks 16:00 ontsnap, nadat die landdros hom beveel het om in aanhouding te bly. Die saak sou vandag hervat het.
“Terwyl Malinga na die selle begelei is, het hy glo uit die hof gevlug. Die hofordonnanse het hom tevergeefs agternagesit,” het Sedibe verduidelik.
Malinga is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van sakeroof, in verband met ‘n voorval in Maart vanjaar in Ermelo.
“‘n Ondersoek oor die omstandighede rondom die ontsnapping duur voort.”
Lt.genl. Mondlo Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het beamptes gemaan om waaksaam te wees wanneer hulle met verdagtes werk om ontsnappings te voorkom.
Ermelo se polisie is so korrup dat dit my nie verbaas nie.
Boeie?
Die landdros beveel hom om in aanhouding te bly?
Het hy ontsnap of is hy vry gelaat ons weet mos hoe dit dees dae gaan